profile pic

Sintaksis: Die indirekte objek

Donderdag, 25 Februarie 2021 Geplaas deur Cecilia Erasmus

Trefwoorde: indirekte objek; indirekte voorwerp; sinsfunksies; sintaksis; sinsontleding

profile pic

“Kinders, moenie in die water mors nie”: Ontkenning in Afrikaans II

Donderdag, 18 Februarie 2021 Geplaas deur Stefan van Zyl

In die vorige aflewering van hierdie reeks blogs oor ontkenning in Afrikaans, is die ontkenningsbywoord, ontkenningspartikel, ontkenningswoorde en ontkenningslidwoord van naderby beskou. (Hierdie woordsoortindeling word behoorlik bespreek en gemotiveer in VivA se Afrikaanse skoolgrammatika (ASG), toeganklik via ons Taalonderrigportaal op ons webblad.)

In hierdie aflewering kom ontkenning in veelvoudige en saamgestelde sinne, sowel as die onnodige gebruik van ontkenning saam met sekere werkwoorde en voegwoorde, aan bod.

profile pic

Ons kyk nie ʼn gegewe objek in die bek nie

Woensdag, 10 Februarie 2021 Geplaas deur Cecilia Erasmus

As kind het ek maande voor die tyd reeds begin droom van die perfekte kersgeskenk. ʼn Maand voor Kersfees het ons kinders altyd ʼn belangrike oproep van Pa se broer, oom André, ontvang, wat in ʼn diep basstem as vermomde “Kersvader” wou weet wat ons hierdie jaar vir Kersfees wil hê. Op Kersdag was dit egter Pa wat die hele middag verdwyn het, en ʼn ronde, vriendelike omie met ʼn rooi plastiekpak en -baard het in sy plek verskyn om al die niggies en nefies se harte te verbly met ʼn HO-HO-HO en goedkoop Chinese speelgoed wat voor Nuwejaar deur die Pickup-trok opgelaai is. Hetsy jou hartsbegeerte vervul is, hetsy jy al weer sakdoeke by oom Charles en tannie Anna gekry het, Kerstyd was nog altyd ʼn tyd om te gee en ʼn tyd om te ontvang.

profile pic

“Nee, mamma, nee!”: Ontkenning in Afrikaans I

Woensdag, 03 Februarie 2021 Geplaas deur Stefan van Zyl

Geskryf deur dr Stefan van Zyl

 

Ontkenning/Negativering (oftewel die omskakeling van ʼn positiewe sin na ʼn negatiewe sin) neem in Afrikaans verskeie vorme aan waarvan die “dubbel negatief” die bekendste vorm is. Hoewel sommige hedendaagse Afrikaanse sangers neig om die bestaan van dubbele ontkenning in hul lirieke te ontken (en dit dan heel nonchalant aan digterlike vryheid toe te skryf), is hierdie grammatikale struktuurreël steeds ononderhandelbaar in moderne Standaardafrikaans.

profile pic

Die gesegde: 'n kattekoor

Donderdag, 26 November 2020 Geplaas deur Cecilia Erasmus

Almelewe het ek (A-kandidaat in matriek, Afrikaansonderwyser, en nou met ʼn PhD in Afrikaanse Taalkunde agter my naam) die kat aan die stert beetgehad. Ek wil die taalonderwyser wat hierdie sintaktiese gekattemaai geskep het, katswink slaan. Die onderwysstelsel van die afgelope paar dekades het die kat aan die bo-lip beetgehad en ons as sprekers en onderwysers is deur ʼn spul onkundiges wysgemaak dat ʼn kat eiers lê.

Voor ek my ouers hulle dit laat berou dat hulle hulle ʼn kat in die sak gekoop het met my duur opleiding, laat ek liewers die kat ... nee, die aap uit die mou laat!