Trefwoorde: WAT; woordeboeke; Woordeboek van die Afrikaanse Taal
Deel 16 van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is onlangs in Stellenbosch bekendgestel. Hierdie woordeboek word deur 'n gideonsbende saamgestel, wat rugbreekwerk doen om Afrikaans in sy volle reikwydte en diepte, en met erkenning aan al sy variëteite, op te teken. VivA het met doktor Frikkie Lombard, eindredakteur van die woordeboek, gesels oor die belangrike werk wat die WAT vir Afrikaans verrig.
Trefwoorde: akademiese bronne; akademiese skryfvaardighede
In my nuwe blogreeks fokus ek op enkele aspekte van akademiese skryfwerk met die oog op VivA se werkwinkel oor akademiese skryfvaardighede wat eersdaags bekendgestel word. Hoewel die meeste tersiêre onderriginstansies modules in akademiese geletterheid aanbied, ontvang VivA dikwels navrae van studente en dosente wat met akademiese skryfvaardighede verband hou. Een van die grootste knelpunte blyk die hantering van akademiese bronne te wees, en daarom spring ek met hierdie onderwerp weg.
Trefwoorde: sintaksis, sinsontleding, sinsfunksies, adjunk, bywoordelike bepaling, randadjunk, gesegde, subjek
Trefwoorde: sintaksis; sinsontleding; sinstipe; ontkenning; negativering