Inleiding
Ek het ’n geruime tyd gelede die navraag ontvang watter woordsoort die woord om in die voorbeeld Die olifant stoot die boom om is. Die gebruiker het gewonder of dit ’n bywoord, ’n voorsetsel of ’n tweede werkwoord is, en watter element van die STOMPI-riglyn daarmee geassosieer word.
Ek het onmiddellik besef dat hierdie woord eintlik meer as een funksie binne die sin kan verrig. Dink só daaraan: Almal kyk nie op dieselfde manier na ’n selfoon nie. Een persoon beskou ’n selfoon as ’n kommunikasiemiddel, iemand anders gebruik dit vir navigasiedoeleindes, en dan is daar selfs mense wat dit vir vermaak (soos om na musiek te luister) of as ’n wekker gebruik. Dit bly ’n selfoon, maar sy funksie word bepaal deur die een wat hom in sy hand hou. Net so word die funksie van om bepaal deur die wyse waarop die sin waarin dit voorkom, ontleed word.
In hierdie blog gaan ek ’n aantal kwessies aanraak:
Daar is soveel interessante woorde in verskeie moedertale. Het jy al ooit gehoor van “adem-i merkeziyet" met die betekenis ‘desentralisasie’ in Turks, “waldeinsamkeit” met die betekenis ‘om alleen in die woud te wees, in vrede met die natuur’ in Duits, en “mamihlapinatapai” wat beteken ‘’n kyk tussen twee mense wat iets wil inisieer, maar huiwerig is’ in Yahgan, ’n uitgestorwe taal wat in die Falklandeilande gepraat is (Oxenham 2022).
VivA het in 2023 ’n Bedryfsingenieurswese-student van Stellenbosch Universiteit, Duval Meyer, die geleentheid gebied om ’n internskap by VivA te voltooi as deel van sy finalejaarskripsie. Onder leiding van prof. André van der Merwe, verbonde aan die Bedryfsingenieurswese-departement se tak vir digitale slimstelsels, het Duval ’n onderskeiding behaal vir sy projek wat gefokus het op die uitbreiding van taaltegnologie vir alledaagse gebruik.
Die oorsprong van Afrikaanse woorde kan soms 'n interessante ding wees. Afrikaans – soos die meeste ander tale – "leen" gereeld by ander tale, reeds van die begin af.
Die beantwoording van Afrikaanse taalnavrae is soms maar resepmatig. Mense wil meestal weet of en hoekom woorde vas of los geskryf word. Versamelname is 'n gewilde onderwerp: "Wat is die versamelnaam vir duikbote?" (Antwoord: flottielje.) Intensiewe vorme is nóg 'n onderwerp waaroor mammas en juffrouens mekaar gereeld die stryd aansê.
Maar soms neem die soeke na antwoorde op taalvrae 'n mens op interessante, min bewandelde paaie.