Leenwoorde uit Afrikatale, byvoorbeeld klêza ('melk uit 'n koeispeen drink'), ghasjle ('versigtig')
Terme, veral sport, byvoorbeeld opslagbal (krieket), losgemaal (rugby)
Name van diere (noemetjie), voëls (namakwapatrys) en plante (outeniekwageelhout). In die meeste gevalle sal waarskynlik volstaan moet word met die Latynse naam.
Formaat van data: Die Afrikaanse lemma (plus 'n definisie en herkoms van die woord) word in 'n Excelspreiblad voorsien. Een vertaalekwivalent van elke lemma (nie die definisies nie) moet in die Excelspreiblad aangebring word.
Kwaliteitskontrole: Sal deur VivA onderneem word, maar aansoekers moet aandui hoe hulle ook 'n eerste rondte van kwaliteitskontrole sal (laast) doen
Tydsraamwerk: 13 Februarie tot 24 April 2017
Kontraktuele verbinding: VivA se standaard diensvlakooreenkoms
Aansoekprosedure: Stuur 'n e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. met die volgende inligting:
Naam en van
Kontakbesonderhede
Bondige oorsig oor ervaring in vertaling en/of terminografiewerk (veral met betrekking tot Nederlands)
Vlak van Nederlandse taalbeheersing (byvoorbeeld moedertaalspreker)
Bondige voorstel oor hoe interne kwaliteitskontrole gedoen sal word (byvoorbeeld om die lys deur 'n kollega te laat kontroleer)
Voorstel vir tarief per lemma (2 200 in totaal)
Aansoekvereistes: Enigiemand (ook mense in die buiteland) mag aansoek doen.
Sluitingsdatum: Aansoeke sluit op 6 Februarie 2017 om 17:00
Meer besonderhede: Kontak Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Lees 4364 tye
Laaste modifikasie op Saterdag, 28 Januarie 2017 05:13