Saterdag, 15 Julie 2017 05:57

Linguiste en wedders bekyk tenniskrete

Jaarliks, soos klokslag, kry ek teen die middel van Julie tennisdepressie: Roland Garros en Wimbledon is verby. Ja, ja, die Amerikaanse Ope lê voor, maar wees maar eerlik, dis ʼn bietjie kroektennis wat hulle daar en in die Australiese Ope speel. Net soos wat eendagkrieket en sewesrugby nie régtig krieket en rugby is nie, so is hardebaantennis ook drie keer niks vir die aficionado.

Terwyl ek snoesig onder my duvet voor die TV lê en slurp aan my ma se boontjiesop (veel beter as al daai aarbeie), is ek wel steeds besig om te werk. ʼn Man moet sy brood in die sweet van sy aangesig verdien.

In die jongste uitgawe van die gerenommeerde vaktydskrif Animal Behaviour publiseer drie navorsers van die Universiteit van Sussex (Groot-Brittanje) hulle navorsingsresultate oor die befaamde steunkrete in tennis. (Jy weet, “tennis grunts”, soos daai “ah-ieeeeee” wat deur Monica Seles in tennis ingevoer is.)

NUUSARGIEF

FACEBOOK