Stal items per gids uit: Grieks

Woensdag, 28 Junie 2017 06:44

Alles wat ons skryf, is Grieks vir my

Gegroet uit Siprus!

Jare gelede, toe ek op ʼn spesialiteitsrigting in die taalkunde moes besluit, het ek gehoor van die Mediterranean Morphology Meeting – ʼn kongres waar ʼn klomp internasionale bleeksielakademici jaarliks by een of ander eksotiese plek aan die Middellandse See vergader om die nuutste insigte in woordbouteorieë met mekaar te deel. Heerlike bestemming, het ek gedog en my voorts toegespits op dié terrein.

Die voorreg het my te beurt geval om hierdie jaar ʼn referaat hier te mag lewer (nadat ek drie vorige kere geweeg en te lig in die broek bevind is). Toe ek maande gelede ʼn opsomming vir keuring moes instuur, het ek beloof om te praat oor konstruksionistiese perspektiewe op twee kompeterende assosiatiewepluraliskonstruksies. Ek vermoed ek had op daardie stadium een of ander ligte neuropatiese spasma, want die letters van my opsomming dans nou – ses dae voor ek moet praat – onsamehangend en betekenisloos op my rekenaarskerm rond.

Geliasseer onder