Stal items per gids uit: Sewende Laan

Saterdag, 30 September 2017 04:42

Die woorde wat niks nie én alles beteken

Donald Trump se taalonvermoë is nou reeds legendaries.

Sy “covfefe” het vinniger versprei as ʼn slegte hoes in ʼn skoolkoshuis. Binne 24 uur ná sy berugte twiet het ʼn definisie reeds in die informele Urban Dictionary verskyn:

covfefe (n.) When you want to say "coverage" but your hands are too fat and small to hit all the letters on your keyboard. "Despite the constant negative press covfefe" – Donald Trump (2017)

Maar eintlik beteken “covfefe” letterlik ‘covfefe’: dis ʼn woord wat niks nie en alles gelyktydig beteken – die überwoord.