“Die jantjies laat my gril. Oulike, betekenislose woordjies wat my skaam maak vir Afrikaans.”
Komende van iemand, nou die anderdag, toe kollega Sophia in VivA se Taalwerkersforum vra: “Kosmense, Pharos se Engels-Afrikaanse woordeboek gee ‘jantjie’ vir ‘corn dog’. Sê asseblief vir my ons het intussen iets anders daarvoor uitgedink.”
“Mieliebrak”, “worsie-op-’n-stokkie”, “mielieworsie” ...
“Hulle noem dit ‘yankees’ hier rond. Dalk waar die ‘jantjies’ (gril) vandaan kom,” sê nog iemand.
’n Ander: “Niemand gaan weet wat hulle eet as hulle kleinletter-‘jantjies’ eet nie, behalwe die mense wat woordeboeke vir voorgereg verorber.”
Ja. “Jantjie” maak ons skaam. Maar die skoen pas en ek gaan wei in die WAT ...