Stal items per gids uit: krimpvarkie

Saterdag, 17 Junie 2017 12:50

As Afrikaans en Hollands praat, is dit toepstil

Gegroet uit Nederland!

Ek dink ek het in drie dae tyd reeds vier kilogram afgeval, gewoon omdat ek my fietsend deur Amsterdam moet verplaas. Heerlik om weer my skoenrieme te kan sien.

Ek was in my eentjie verantwoordelik vir ʼn FNB-aneurisme toe ek my kredietkaart hier aan die boekwinkels bekendstel. Vir ʼn geswore e-boekleser is my waardes en sedes maar gevaarlik likwied, veral as dit kom by die bedwelmende reuk van internasionale boekwinkels. (As ek dieselfde hoeveelheid geld in ʼn Suid-Afrikaanse boekwinkel spandeer het, kon ek ons eiehandig uit die tegniese resessie geruk het.)

Geliasseer onder