Kyk, jy skrik jou hare orent as jy jou e-posprogram oopmaak en jy sien die volgende in jou inmandjie:
Vanaf: Riaan Cruywagen
Gestuur: Donderdag, 08 Junie 2017 14:20
Onderwerp: Woordwisseling met Gerhard
Selfs Windows slaan outomaties oor na Afrikaans.
Dis gelukkig – die hemel sy dank! – ʼn vriendelike en innemende e-pos, soos wat ons algar hom oor die jare heen leer ken het. En natuurlik geskryf in foutlose Afrikaans, selfs al is dit loslit en kletsend.