Stal items per gids uit: relikte

Saterdag, 10 Junie 2017 11:14

Dit hoef nie te alle tye 'ten alle tye' te wees nie

Taalpuriste is ʼn kwaai-kwaai klomp. Onlangs ontvang ek byvoorbeeld weer ʼn e-pos waarin die skrywer (kom ons noem haar Corrigenda) kla oor die grammatikatoetser in die SkryfGoed 5-programmatuur. Met haar toestemming plak ek hier ʼn ongeredigeerde uittreksel uit haar e-pos:

“Die fout wat ek in SkryfGoed 5 opgetel het is dat die program sê te alle tye moet lui ten alle tye. Na my mening kan net 1 uit 100 000 Afrikaanssprekende mense spel. Die verkeerd spel van sekere woorde word deur duisende taalgebruikers nageboots, en hierdie is een so ʼn geval. Die korrekte spelling kan gekontroleer word deur na die Woordelys en Spelreëls, 2009, op p 424 te kyk asook na ander bronne. Dit is ongelooflik dat uiters onkundige mense toegelaat was om aan hierdie program te werk.”

Matteus 7:5 se splinters en balke is nie vandag ter sake nie; kom ons fokus op die ter tafel gelegde kwessie.

Geliasseer onder