Uit Die Burger, 16 Julie 1959
’n Woordvoerder vir Kaapstad het gesê dit hang van persoonlike voorkeur af of dit straat of weg sal wees. Die naam plus road klink dikwels beter as “street” agter die naam.
In Seepunt met al sy werklike strate en straatjies is daar amptelik net een straat – die eensame Surf Street wat hom mismoedig teen die see doodloop.
Die res is “roads” (weë) of swierige Franse avenues – soos Avenue de Longueville, Avenue des Huguenots, Avenue Fontainebleau, Avenue Coeur de Lion, en selfs Avenue Koosant, wat minder Frans klink.