Stal items per gids uit: suïsidaal

Saterdag, 18 November 2017 05:17

Nuwe woord vir 'selfmoord' dalk die oplossing?

Vra ʼn (baie slim) kollega deser week: “Hoe vertaal ʼn mens suicidal testator in ʼn akademiese regskonteks?” Die student se miniskripsie handel oor die vraag of die testament van iemand wat ten tyde van ondertekening selfdoodneigings had, regsgeldig is.

Ons takel die probleem in sy twee afsonderlike dele. Eers die maklike ene: testator, met sy guitige vroulike vorm testatrix (wat klink soos ʼn vriendin van Asterix en Obelix).

My uit-die-vuis-uit-aanname is dat “erflater” in meer populêre tekste gebruik word en “testateur” in tegniese of akademiese kontekste. Watwo!