Vir Nederlands as skoolvak in die toekoms het kurrikulumbeplanners verlede week ’n dokument vrygestel waarin sewe kernuitgangspunte – “7 grote opdrachten” – vir taalonderrig gestel word. In Neerlandistiek, die aanlyn tydskrif vir taal- en letterkundige ondersoek, neem die Nederlandse taalkundeprofessor Marc van Oostendorp dié stellings een vir een onder die loep. Met sy toestemming vertaal en deel ek hier wat hy oor elkeen skryf. Want hoe lyk ons eie ideale vir Afrikaans as skoolvak in die toekoms?
Praat gerus saam.