Ek vind dikwels dat mense onrustig, ongedurig en somtyds sommer onverdraagsaam raak as hulle vermoed dat ons ʼn woord in Afrikaans gebruik wat ons uit ʼn ander taal gaan leen het. “Hoekom kan ons nie suiwer Afrikaans praat nie? Moet ons ons arme taal so verknoei?” is die lamentasie. Veral as die leenwoord toevallig ook ʼn nefie of ouer suster in Engels het, is gebruikers erg agterdogtig oor dié woord se teenwoordigheid in die AWS. Noem maar Romaanse woorde soos “evalueer” of “repudieer” wat in die jaar gunter al in die AWS opgeneem is, en jy het dadelik ʼn klomp morrendes wat meen dat die Taalkommissie die taal nou weer verloën.
Die feit is, Afrikaans se herkoms is verwikkeld. Niks aan enige taal se herkoms is ooit eenvoudig of lynreg terug te trek tot by Adam en Eva in die paradys nie, en Afrikaans is niks anders as die res nie. Boonop verstom dit my dat mense oor “repudieer” kan kla, maar dan ewe gemaklik ander bedenklike leenwoorde soos “neuk” of “avokado” kan gebruik sonder om twee keer oor die etimologie daarvan na te dink.
Hier is ‘n paar ingeburgerde Afrikaanse woorde wat elk ʼn interessante en baie on-Afrikaanse geskiedenis het.
Die afgelope week het die eindredaksie van die Taalkommissie byeengekom om die bladproewe van die elfde uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls deur te werk. Dis ʼn belangrike uitgawe van hierdie taalbybel, wat later vanjaar, presies 100 jaar ná die verskyning van die eerste uitgawe, gepubliseer word. Vir die taalgemeenskap is dit ʼn mylpaal, vir die Taalkommissie is dit rugknakkende en senutergende werk: As jy vir ander riglyne wil gee oor spelling, moet jy sekerlik eers voor jou eie taaldeur vee.
Die lieflingsvoël van Afrodite, die Ou Grieke se godin van die skoonheid van die liefde, was die duif. Maar Afrodite was ook lief vir die swaan, so word daar vertel, én vir die kleine mossie.
In Ou Grieks het die mossie strouthós (meervoud: st
Is jy 'n energieke en innoverende taalpraktisyn? Raak jy opgewonde oor die ontwikkeling van elektroniese hulpmiddels vir gebruikers? Het jy goeie kennis van die Afrikaanse taalkunde, taalonderrig, leksikografie en/of korpuslinguistiek? Wil jy graag voltyds vanaf jou eie huis werk? En wil jy deel wees van die VivA-span?
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) het 'n vakature vir 'n junior of senior taalpraktisyn.
“So ’n katspoegie noord van Steinkopf op die N7, die pad vanaf Kaapstad na Windhoek, tussen die glooiings wat uitreik na die hoogtes voordat die 25-tot-30-kilometerafdraand na Vioolsdrift en die Gariep begin, staan daar ʼn bordjie – groen met wit letters: Oerknoep.”
Só skryf emeritus dominee Petrus Kotzé en vra: “Van waar dié Oerknoep, Gehasi?”
Gaan loop staan soek nou vir Oerknoep op Google Maps en jy kry die melding: “Ons kon Oerknoep nie kry nie.” Ná ʼn omvattende soektogte in al wat ʼn pleknaamwoordeboek is, kan ek ook meld: “Ek kon Oerknoep nie kry nie.”