TEKEN AAN OF REGISTREER OM 'N SOEKTOG UIT TE VOER

DIE VIRTUELE INSTITUUT VIR AFRIKAANS

    Afdelings
    VivA Algemeen
    VivA Akademies
    VivA Taalpraktyk
    VivA Onderwys
    VivA Uitgewers
    VivA Tegnologie
     
    VivA Weldoener
     
    Viva Uitgewers

    Ons bring die digitale biblioteek na jou toe

    VivA Uitgewers Aanlyn VivA Uitgewers Dis in die soen

    Lees die nuutste boeke op VivA-Uitgewers

    Die modereringsdiens is ʼn diens wat VivA vir skole, onderwysers – in besonder Afrikaansonderwysers – en onderriginstansies bied. Dit wil sê enigeen wat hul brood en botter verdien deur skoolinhoud of onderrigmateriaal vir die onderrig van Afrikaans, en meer spesifiek vir die onderrig van grammatika (oftewel “taalstrukture en -konvensies”) skep. Hierdie diens werk in samehang met VivA se professionele taaldienste waar VivA inhoud wat in Afrikaans geskep is, proeflees, taalversorg en redigeer om te verseker dat die taalgebruik van topgehalte is. Die modereringsdiens fokus op die inhoud van onderigmateriaal vir die onderrig van Afrikaans as skoolvak en VivA se span kundiges gaan die inhoud na om te verseker dat dit strook met die mees resente taalkundenavorsing oor die grammatika of taalstrukture en -konvensies.

    Wat behels die diens?

    • VivA se kundige span wys duidelike inhoudelike foute met betrekking tot grammatika (taalstrukture en -konvensies) uit en bied die korrekte antwoord.
    • Die VivA-span wys leemtes/afwykings asook diskrepansies/teenstrydighede in die taalstrukture en -konvensies uit en maak aanbevelings.
    • Aanbevelings word ook gemaak om skoolinhoud tot ’n groter mate te belyn met resente taalkundebeskrywings van Afrikaans.

    Watter onderigmateriaal kan VivA modereer?

    • Vraestelle, klasopdragte en assesseringstake waarin taalstrukture en -konvensies die primêre fokus is
    • Klaskamerhulpmiddels soos plakkate, werkkaarte, lesplanne en uitdeelstukke oor taalstrukture en -konvensies
    • Leergidse en handboeke (let wel dat die kostes verbonde aan groter tekste soos leergidse en handboeke hoër is.)

    Voornemende gebruikers van hierdie diens kan ʼn kwotasie aanvra vir die moderering en/of taalversorging van bostaande onderrigmateriaal deur ʼn e-pos te stuur aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

    VivA bied aan: ʼn taaldiens vir korporatiewe kliënte


    In ʼn era van blitsvinnige, gedigitiseerde kommunikasie, het ʼn maatskappy gewoonlik net een geleentheid om ʼn kliënt se aandag vas te vang. Juis daarom bestee maatskappye baie geld aan die ontwikkeling van ʼn korporatiewe identiteit en professionele grafika, maar baie korporatiewe entiteite vergeet dat kliënte meer as ʼn mooi prentjie wil hê voor hulle in ʼn produk gaan glo.


    Hedendaagse kliënte is kieskeurig, en hulle vereis harde inligting oor produkte en dienste. Sulke inligting word gewoonlik steeds in taal aangebied. Maatskappye moet terugvoer gee aan direkteure en beleggers, en hierdie inligting word steeds in ʼn teks verpak. ʼn Maatskappy wat met kliënte praat in skitterende prentjies en slordige taal, is soos iemand wat by ʼn uithanggeleentheid opdaag met duur aandklere en onversorgde vingernaels.


    Die Virtuele Instituut vir Afrikaans bied nou aan ons korporatiewe kliënte die geleentheid om korporatiewe tekste deur VivA te laat redigeer en vertaal. Hierdie professionele, betaalde diens vorm deel van Teksredaksieportaal, en word deur VivA se eie personeel onderneem.


    Ons bied onder andere die volgende dienste:

    • Redigering van korporatiewe Afrikaanse tekste, insluitende briewe, AJV’s, agendas en notules
    • Vertaling van korporatiewe tekste uit Engels na Afrikaans
    • Redigering en vertaling van advertensiekopie
    • Redigering en vertaling van kontrakte, memoranda van ooreenkoms, bepalings en voorwaardes
    • Redigering van akademiese tekste, soos handboeke, artikels, verhandelings en proefskrifte
    • Redigering en vertaling van die inhoud van webblaaie en ander digitale koppelvlakke


    Let daarop dat ons hoofsaaklik in Afrikaans werk, en dat ons vermoë om hierdie dienste in Engels te bied, baie beperk is. Ons tariewe vir die diens is markverwant, en die proses behels ʼn formele ooreenkoms tussen VivA en die kliënt. Bepalings en voorwaardes geld.


    Skakel met Marlie Coetzee, VivA se uitvoerende bestuurder, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. om meer te wete te kom.

     

     

    Die redigeringswerkwinkel handel oor redigering. Hier kyk deelnemers en VivA se voormalige taaladviseur, Sophia Kapp, na makroredigeringskwessies soos genrekonvensies, struktuur en verwysings, mikroredigeringskwessies soos styl, formatering, taalgebruik en interpunksie, en die K3-model as ’n praktiese hulpmiddel by redigering.
     

    Hierdie werkwinkel handel oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls, en tydens hierdie sessie werk VivA se voormalige taaladviseur, Sophia Kapp, met deelnemers deur die boek. Sy wys die aanpassings wat die Taalkommissie in hierdie nuwe uitgawe gemaak het, en praat spesifiek oor hoofstuk 13 wat handel oor die nuwe leestekenreëls, en hoofstuk 16 wat handel oor die reëls vir trappe van vergelyking in Afrikaans, die twee nuwe hoofstukke in die AWS.

    Daar moet vooraf geregistreer word om hierdie werkwinkel by te woon en die koste beloop R450,00 per persoon vir deelname aan hierdie werkwinkel. Vir meer inligting oor hierdie werkwinkel of om te bespreek vir die volgende werkwinkel, kan belangstellendes 'n e-pos stuur na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..


    Nog artikels...