TEKEN AAN OF REGISTREER OM 'N SOEKTOG UIT TE VOER

DIE VIRTUELE INSTITUUT VIR AFRIKAANS

    Afdelings
    VivA Algemeen
    VivA Akademies
    VivA Taalpraktyk
    VivA Onderwys
    VivA Uitgewers
    VivA Tegnologie
     
    VivA Weldoener
     
    Viva Uitgewers

    Ons bring die digitale biblioteek na jou toe

    VivA Uitgewers Aanlyn VivA Uitgewers Dis in die soen

    Lees die nuutste boeke op VivA-Uitgewers

    In hierdie uitdeelstuk word die verskillende betekenisse van hulpwerkwoorde van modaliteit (oftewel hulpwerkwoorde van wyse) uiteengesit. In die skoolkurrikulum word "sal" as ’n hulpwerkwoord van tyd geag, maar nie in VivA se Afrikaansgrammatika nie. Dit word as ’n hulpwerkwoord van modaliteit (wyse) geag, want ons gaan van die standpunt uit dat hierdie werkwoord binne die konteks van toekomsverwysing eerder op ’n waarskynlikheid dui, net soos "kan", "mag" en "moet", om enkele voorbeelde te noem. Ons erken eintlik slegs een hulpwerkwoord van tyd, naamlik “het”. Die doelwit van die uitdeelstuk is om leerders in staat te stel om nie net hulpwerkwoorde te kan identifiseer nie, maar ook te bepaal wáárom die skrywer/spreker ’n bepaalde een kies. Die aanbeveling is dat die Afrikaansonderwyser die inhoud steier, sodat enkele betekenisse in die Intermediêre Fase behandel word en progressie in hoër grade plaasvind.

    Ontrafel skryftekens handel oor die gebruik van die akuutteken, gravisteken, afkappingsteken, kappie, koppelteken en deelteken. Dit is afgestem op Afrikaansonderwysers en onderwysstudente.

    R95.00

    Hierdie leesbegripboekie bevat kontekstuele vrae oor al die stories in Mia en Miaau-Miaau – moles, manewales en monsters wat deur Karen Loots geskryf is en in VivA-Uitgewers beskikbaar is

    R70.00

    Het jy ’n behoefte aan leermateriaal waar die alfabet en die klank(e) wat die verskillende alfabetletters voorstel met behulp van prettige rympies en kleurvolle prentjies verken word?

    R95.00

    ’n Oudiovisuele klaskamerhulpmiddel waarin die verskil verduidelik word tussen woorde soos dan en daarom; en want en omdat wat nie aan dieselfde woordsoort toegeken word nie

    R40.00