Ons Woordeboekportaal het 'n paleis geword! Daar is nou 26 woordeboeke tot die beskikking van geregistreerde VivA-gebruikers.
Benewens die 17 woordeboeke wat reeds op ons webwerf en aanlyn-app beskikbaar is, het ons gebruikers nou ook toegang tot die volgende bronne:
- Drietalige Wynindustriewoordeboek (Suid-Afrikaanse Wynbedryf-Inligting & -Stelsels (SAWIS) en die Netwerk van Kundigheid en Tegnologie vir die Wynbedryf (Winetech))
- Etimologiewoordeboek van Afrikaans (GJ van Wyk, red.)
- Fisikawoordeboek (Vaktaalburo, SAAWK)
- Afrikaanse voëlname, opgestel deur die Afrikaanse Voëlnaamgroep van BirdLifeSA
- Paramediese Vakwoordeboek (Vaktaalburo, SAAWK)
- Sciwoord (Chemiewoordeboek)
- Statistiekwoordeboek (HS Schoeman)
- Sterrekundewoordeboek (JH de Klerk, red.)
- Woordeboek van nuttige Afrikaanse kombinasies (Kollokasiewoordeboek) (AN Otto)
Afgesien van hierdie bronne het die Departement van Kuns en Kultuur goedgunstiglik ingestem om hulle meertalige terminologielyste, wat oor baie jare deur vak- en taalkundiges opgestel en gestandaardiseer is, aan VivA beskikbaar te stel. Die lyste dek die volgende velde:
- Inligtings- en Kommunikasietegnologie
- Kuns en Kultuur Intermediêre Fase
- Lewensoriëntering Intermediêre Fase
- MIV/VIGS
- Parlementêre/Politiese Aangeleenthede
- Sokker
- Verkiesings
- Wiskunde Intermediêre Fase
As jy nog nie by VivA geregistreer het nie, gaan sommer nou na ons webwerf by www.viva-afrikaans.org of laai ons VivA-app (Aanlyn) af.
Die VivA-span