Die meeste van die tale wat aan ons bekend is, bestaan uit verskillende variëteite.
Naas die standaardvariëteit – wat gewoonlik so volledig moontlik ontwikkel word om deur soveel as moontlik gebruikers verstaan te word en soveel as moontlik van die funksies te verrig wat ’n mens van ’n taal kan verwag, veral in formele kontekste – beskik die meeste tale ook oor:
Soos ’n rivier waarin verskillende strome ineenvloei, word elke taal deur uiteenlopende en ineenlopende omgangstale gevoed; variëteite van die taal wat verskillende groepe en subkulture gebruik om kommunikasie tussen hulle te vergemaklik – of te bemoeilik. Terwyl elke individu boonop sy of haar eiesoortige taal gebruik, wat ’n idiolek genoem word.
Sonder al hierdie strome is daar geen taal nie.