Stal items per gids uit: lidwoord

Donderdag, 08 April 2021 12:31

Om te “die” of nie te “die” nie: die moets en moenies van lidwoorde in Afrikaans

Trefwoorde: lidwoorde, bepaalde lidwoorde, onbepaalde lidwoorde

Donderdag, 06 Junie 2019 14:47

Dié "die" is die opsionele "die"

Vra Jakkie Groenewald die afgelope week: “Ek het nog altyd ‘op die hoogte van sake’ gebruik, maar ‘op hoogte van sake’ blyk deesdae meer algemeen te wees. Is dit korrek/aanvaarbaar?”

Die kort antwoord is dat albei aanvaarbaar is. Die langer antwoord is natuurlik die interessanter ene – ten minste vir my en die ander agies.

Ons kan so half informeel en niewetenskaplik sê dat Afrikaans tradisioneel ʼn “lidwoordtaal” is. Dit is maar gewoon ʼn manier om te sê dat Afrikaans in die verlede lidwoorde in segswyses ingesit het waar ʼn taal soos Engels dit dalk nié sou doen nie.