Stal items per gids uit: naamwoord

Donderdag, 12 Oktober 2023 09:49

Liewe naamwoord, hoe verklaar ek jou?

Dit is onmoontlik om met mekaar te praat sonder om te verwys na mense, nielewende voorwerpe, diere of plekke, om slegs enkeles te noem. Die woorde wat ons gebruik om hierdie sake te benoem, is naamwoorde (oftewel selfstandige naamwoorde soos dit op skoolvlak bekendstaan). In die onderstaande prentjie gebruik ek ’n hele reeks naamwoorde om sake, die entiteite in die prentjie, te benoem. Byvoorbeeld, ek gebruik die naamwoord “wolk” om die wit massa in die lug, wat klein druppeltjies water (reën) vorm, te benoem.

Figuur 1: ’n Uitbeelding van naamwoorde wat sake benoem

(Dit is geskep m.b.v. Canva AI Image Generator.)

Woensdag, 18 Mei 2022 09:29

Die ondeunde woordsoort: die bywoord

Toe ek klein was, het ek altyd my blou ogies gebruik om my oupa se arm te draai om vir my grondboontjiebotter en stroop in ’n bakkie te meng in plaas daarvan om die mengsel op ’n broodjie te smeer. Dan gaan sit ek skelmpies en eet, sodat Ouma nie daarvan uitvind nie.

Grondboontjiebotter

(Beeld ontleen aan Pixabay.)

 

Ek dink die bywoord is net so ondeund soos wat ek was. Net soos wat ek my oupa oorreed het om grondboontjiebotter en stroop te meng, draai die bywoord die arm van die taalgebruiker – nou nie om grondboontjiebotter en stroop te meng nie – om ander woorde en sinsdele ook as bywoorde te klassifiseer, hoewel hulle duidelik nie is nie.

Geliasseer onder