Stal items per gids uit: niehoofwerkwoord

Woensdag, 21 Mei 2025 12:42

Nie almal kan hoofleiers wees nie: die ander werkwoorde in jou sin

In die blog “Hoofwerkwoorde: die hoofmeisie en hoofseun van die sin” is aangedui dat die term “hoofwerkwoord” ’n oorhoofse benaming vir twee werkwoorde is, naamlik selfstandige werkwoorde (oftewel leksikale hoofwerkwoorde in VivA se Afrikaansgrammatika) en koppelwerkwoorde. In hierdie blog is dié werkwoorde aan die hoofmeisie en hoofseun van die sin gelykgestel. Waar laat dit die ander werkwoorde dan? Hulle het ’n ondersteunende rol, net soos die res van die leerlingraadlede. 

 Niehoofwerkwoord1.png