Stal items per gids uit: werkwoord

Woensdag, 21 Mei 2025 12:42

Nie almal kan hoofleiers wees nie: die ander werkwoorde in jou sin

In die blog “Hoofwerkwoorde: die hoofmeisie en hoofseun van die sin” is aangedui dat die term “hoofwerkwoord” ’n oorhoofse benaming vir twee werkwoorde is, naamlik selfstandige werkwoorde (oftewel leksikale hoofwerkwoorde in VivA se Afrikaansgrammatika) en koppelwerkwoorde. In hierdie blog is dié werkwoorde aan die hoofmeisie en hoofseun van die sin gelykgestel. Waar laat dit die ander werkwoorde dan? Hulle het ’n ondersteunende rol, net soos die res van die leerlingraadlede. 

 Niehoofwerkwoord1.png

Woensdag, 08 Mei 2024 11:52

Hoe verskil die koppelwerkwoord "is" en "word"?

Hierdie klaskamerhulpmiddel is gemik op onderwysers wat Afrikaans Addisionele Taal onderrig en wonder hoe ’n mens vir leerders die verskil tussen die koppelwerkwoorde "is" en "word" kan verduidelik. Laai sowel die instruksieblad as die hulpmiddel af.

Geliasseer onder
Dinsdag, 19 September 2017 19:06

Wat ek vandag wil kom loop staan vertel

In Neerlandistiek.nl skryf Marc van Oostendorp vanoggend, onder meer, oor Nederlandse sinne soos die volgende:

Hij zit zich vreselijk op te winden.
(Hy sit hom vreeslik en opwen.)

Ik zit me al weken te vervelen op Vlieland.
(Ek sit my al weke op Vlieland en verveel.)

Wat is die vernaamste verskil tussen dié Nederlandse en Afrikaanse sinne?