In ’n vorige blog (op 19 Oktober 2018) skryf ek oor Gawies, Japies, Janne en Hendrikke: Afrikaanse mansname wat in ou uitdrukkings mense in die algemeen, en ook diere en gepersonifieerde dinge aandui. Op Vrouedag kom iemand daarop af en vra: Waar is die vroue dan?
Hulle is minder, maar in die WAT kry ek vir Antjie, Bella, Bertha en Margriet, Martha, Saartjie, Sannie en nog ander.
In VivA se Taalwerkersforum vra George du Bruin onlangs: “Wie ken die woord “boslanster” vir iemand wat in die Bosveld woon? Waarop Jeanette Ferreira-van Jaarsveld antwoord dat sy in die Laeveld met dié woord grootgeword het. Toe ek Vrydag daarna verwys in Beeld se rubriek “Woordwisseling”, kry ek van prof. Fransjohan Pretorius ’n e-pos met dié interessante stukkie geskiedenis. Hy skryf: