Woorde staan in ’n sekere verhouding tot mekaar. As ons meer hieroor leer, verstaan ons beter waarom taal op ’n sekere manier gebruik word. Laai die hulpmiddel "Woordverhoudings in Afrikaans" af, gebruik dit as notas tydens onderrig, plak dit in jou leerders se boeke as aanvullende leermateriaal, of integreer dit in jou bestaande skyfiereekse met die nodige erkenning aan die Virtuele Instituut vir Afrikaans.
Uit “bhang”, die Indiese naam vir Cannabis sativa (volgens Facebook ook “omkyktwak”) het die Konstitusionele Hof dié week vir bostrekkers die benoudheid gehaal.
Met sy kenmerkende regop stingel en uitwaaierende tandjiesblare is dié eenjaarkruid die bekendste soort van ’n plantgeslag inheems in die gematigde streke van Asië. Wanneer sy blare, blomme en takkies gedroog en gerook, gekou, of in wateraftreksels gedrink word, kan oormatige gebruik lei tot verslawing: cannabismus, of kannabisme.
Voor Jan van Riebeeck in die Kaap voet aan wal gesit het, was dié kruid van Portugese seevaarders by die Khoi-Khoin al as “(mak)dagga” bekend. Dit het hulle aan hul eie “daXa-b”, “wildedagga”, herinner.