Stal items per gids uit: taalverandering

Dinsdag, 21 November 2017 20:09

Onafwendbare verandering

Fred Pheiffer, voormalige redakteur van die HAT en woordeboekmaker by OUP, skryf vir VivA oor taalverandering en die invloed van Engels op Afrikaans. 

In ’n taal buiten Engels word ’n anglisisme beskou as ’n woord of uitdrukking wat deur Engels geaffekteer is. Dit is dus ’n taalverskynsel wat die invloed – vir sommige per definisie slegte invloed – toon wat Engels op ’n taal het. In ons konteks behels dit in die besonder die invloed wat Engels op Afrikaans het. Die beïnvloeding van een taal deur ’n ander taal is egter ’n natuurlike taalproses, en is een van die algemeenste maniere waarop taalverandering plaasvind. Taalverandering kom in enige lewende, aktiewe taalgemeenskap voor, en is as sodanig onkeerbaar. Wanneer ’n taalgemeenskap onaktief raak, soos in die geval van Latyn wat geen moedertaalsprekers meer het nie, gaan die taal “dood”. Op eie bodem het die meeste van ons Khoisantale uitgesterf omdat niemand hulle meer praat nie. Party van hierdie Khoisantale is betyds getranskribeer of op band vasgelê. Soos in die geval van Latyn bestaan daar dus ’n rekord van hulle. Nietemin het dié tale nie meer aktiewe taalgemeenskappe nie, en daarom het sulke tale staties geraak. Hulle het stil gaan staan in die tyd en verander nie meer nie. 

Geliasseer onder
Sondag, 05 November 2017 22:23

Kom ons praat maar weer oor “aanspreek”

Onder invloed van Engels wat moeilikhede “address” word vraagstukke in Afrikaans al dekades lank “aangespreek”, ten spyte van deurlopende pogings oor net soveel dekades heen om dié gewraakte woord uit die taal te weer.

So skryf wyle J.J.J (“Tripel-J”) Scholtz, in lewe taalindoena van Die Burger, op 30 September 1991 (ek sou dié rubriek graag weer wou gaan opdiep het, maar die historiese bewussyn van ons taal en identiteit het Media24 in die doofpot gestop – wat ’n enorme verlies vir Afrikaans is dit nie):

Bladsy 2 van 2