- Gaan hierdie dit erger maak?
- Ek het nie ingeteken vir hierdie
- Hoe verduidelik jy hierdie?
Daar is niks verkeerd met bogenoemde sinne nie, of hoe? Inteendeel, vanuit ’n preskriptiewe (oftewel normatiewe) perspektief[i] is hulle almal voorbeelde van die verkeerde gebruik van die woord “hierdie”.
Waarom moet “hierdie” dan anders gebruik word? Om die antwoord te gee moet daar gekyk word na watter woordsoort “hierdie” is en die eienskappe daarvan.












