TEKEN AAN OF REGISTREER OM 'N SOEKTOG UIT TE VOER

DIE VIRTUELE INSTITUUT VIR AFRIKAANS

    Afdelings
    VivA Algemeen
    VivA Akademies
    VivA Taalpraktyk
    VivA Onderwys
    VivA Uitgewers
    VivA Tegnologie
     
    VivA Weldoener
     
    Viva Uitgewers

    Ons bring die digitale biblioteek na jou toe

    VivA Uitgewers Aanlyn VivA Uitgewers Dis in die soen

    Lees die nuutste boeke op VivA-Uitgewers

    In my vorige twee blogs in die reeks oor akademiese skryfvaardighede het ek gefokus op akademiese bronne, bronverwysings en die bronnelys. In hierdie aflewering skryf ek oor ʼn belangrike strukturele komponent van enige akademiese teks, naamlik konjunksiemerkers (ook diskoersmerkers, verbandsmerkers en meer onlangs pragmatiese merkers genoem). Ek steun in hierdie blog veral op VivA-kollega Nadine Fouché-Karsten se akademiese artikel “Carstens se raamwerk van Afrikaanse konjunksiemerkers: ʼn akkurater en vollediger weergawe” (2017) waarin sy, dr. Ria van den Berg en prof. Jako Olivier breedvoerig oor konjunksiemerkers skryf.

    Wat is konjunksiemerkers?

    Die volgende definisie is aangepas uit prof. Johann van der Walt van die Noordwes-Universiteit se 2010-werkboeke vir basiese en gevorderde vaardighede in akademiese geletterdheid:

    Konjunksiemerkers in akademiese tekste is woorde of uitdrukkings wat gebruik word om sinne en paragrawe te struktureer ten einde sekere idees of gedeeltes in ʼn teks met mekaar in verband te bring.

    Sodanige woorde of uitdrukkings is die basiese boublokke wat gebruik word om ʼn logiese akademiese argument in ʼn akademiese teks te ontwikkel, en samehang in sodanige teks te bewerkstellig. Dit is daarom uiters nuttig om altyd tydens die skryf van ʼn akademiese teks ʼn lys van konjunksiemerkers byderhand te hou of dit selfs te memoriseer.

    Wat is die funksies van konjunksiemerkers in akademiese tekste?

    Prof. Wannie Carstens gee in Afrikaanse tekslinguistiek: ʼn inleiding (1997) die volgende funksies van konjunksiemerkers (deur my aangepas vir akademiese tekste):

    • Dit dui ʼn verandering in die onderwerp aan.
    • Dit berei die leser voor op die aard van die daaropvolgende teksgedeelte.
    • Dit brei die onderwerp uit.
    • Dit dui argumentering aan.
    • Dit dui die opinie van die skrywer aan.
    • Dit lei nuwe interessante inligting in.

    Watter soort konjunksiemerkers word onderskei?

    Fouché et al. (2017) gee die volgende tabel (deur my aangepas vir akademiese tekste) met die hoofkategorieë en subkategorieë waarin konjunksiemerkers verdeel word, sowel as voorbeeldwoorde:

     

    Hoofkategorie

    Subkategorie

    Konjunksiemerkers

     

     

    Aaneenskakelend

    Analiserend

    naamlik

     

     

     

    Herbewoordend

    met ander woorde

    dit wil sê

    anders gestel

    in vakterme gestel

     

     

     

    Illustrerend en verduidelikend

    byvoorbeeld

    illustratief hiervan is

    ter illustrasie

    (as) ’n voorbeeld/illustrasie hiervan

    ter verduideliking

     

     

     

    Oorsaak en gevolg

    en

     

     

     

    Chronologiese ordening

    ten laaste/laastens
    voorts
    vervolgens
    verder
    in die eerste/tweede/derde/laaste plek
    ten eerste/tweede/derde/slotte

    samevattend

     

     

     

    Toevoegend

    addisioneel
    dan
    ook
    behalwe (vir)
    daarbenewens
    daarby
    benewens
    uitgesonderd
    buiten
    daarnaas
    naas
    nog

     

     

     

    Verklarend

    soos genoem/gestel
    ten minste

     

     

     

    Versterkend

    ook
    buitendien
    in elk geval
    boonop

    bowendien

     

     

     

    Vervattend

    anders gestel
    dit wil sê

     

     

     

    Voortgang

    en

    plus

     

     

     

    Voorwaardelik

    naamlik

    te wete

     

     

     

    Ooreenstemmend

    dienooreenkomstig

    dieselfde

    net so

     

     

    Teenstellend

    Alternerend

    of

    óf … óf

    hetsy

     

     

     

    Kontrasterend

    inteendeel

    maar

    egter

    eerder

    behalwe (vir)

    tog

    nogtans

    in elk geval

    liewer

    sonder dat

    terwyl

    aan die een/ander kant

    anders

    andersins

    daarteenoor

    daarenteen

    teenoor

    teen

    al

    nietemin

    benewens

    uitgesonderd

    buiten

     

     

     

    Korrektief

    in plaas van

    in teenstelling met

    in stede van

     

     

     

    Toegewend

    al

    ten spyte van

    terwyl

    alhoewel

    hoewel

    ofskoon

     

     

     

    Vergelykend

    as

    soos

    vergeleke met

    in vergelyking met

    in teenstelling met

     

     

     

    Vervangend

    meer

    alternatiewelik

     

     

     

    Voorwaardelik

    as (nie)

    tensy

     

     

     

    Wyse

    asof

     

     

    Redegewend

    Afleidend

    met ander woorde

     

     

     

    Doel

    sodat

     

     

     

    Illustrerend

    byvoorbeeld

    te wete

     

     

     

    Kontrasterend

    anders

    andersins

    afgesien hiervan

     

     

     

    Oorsaak, gevolg, rede

    want

    omdat

    as gevolg van

    gevolglik

    dus

    daarom

    dat

    derhalwe

    met die gevolg

    hierdeur

    oor

    oordat

    sodat

    weens

    terwyl

    aangesien

    deurdat

     

     

     

    Opsommend

    op die ou end

     

     

     

    Plek

    waar

     

     

     

    Verontagsamend

    hoe dit ook al sy

    wat ook al

     

     

     

    Voorwaardelik

    as

    mits
    indien
    op die voorwaarde dat
    met dien verstande dat
    namate

     

     

    Tydsaanduidend

    Herhalend

    die vorige keer
    ʼn volgende keer

     

     

     

    Hervattend

    vervolgens
    hieropvolgend

     

     

     

    Gelyktydigheid

    terwyl

    terselfdertyd

     

     

     

    Onderbroke

    tans
    later

     

     

     

    Oorsaaklik

    dan
    toe
    nou

     

     

     

    Opeenvolgend

    dan

    vandat

    volgende

    toe

    daarna

    nadat

    sedert

    sedertdien

    hieropvolgend

    hierna

     

     

     

    Opsommend

    ten slotte

    laastens

    ten laaste

    aan die einde

    uiteindelik

    eindelik

     

     

     

    Ordenend

    eerstens
    verder
    vervolgens

     

     

     

    Spesifiserend

    die volgende dag

    vyf minute vroeër

    vyf minute later

    ’n uur later

     

     

     

    Stiptelik

    toe

    net soos

    net toe

    sodra

    as

    wanneer

    noudat

     

     

     

    Voorafgaande

    voordat

    alvorens
    voorheen
    vantevore

    vroeër

     

     

     

    Voortgang

    intussen
    onderwyl
    die hele tyd
    totdat

     

     

     

    Voorwaardelik

    wanneer

    as

    sodra

    Ander konjunksiemerkers

    Van der Walt (2010) gee ook die volgende konjunksiemerkers (deur my aangepas in tabelvorm):

    Funksie

    Konjunksiemerker

     

     

    Chronologies/Opeenvolgend/Aaneenskakelend

    eers

    gedurende

    om te begin

    tydens

    ter aanvang

    solank

    agtereenvolgens

    eweneens

    sowel as

     

     

    Tydsaanduidend

    om te hervat

    op daardie oomblik

     

     

    Redegewend/Oorsaak en gevolg/Argumentatief

    daardeur

    om hierdie rede

    op grond van

    hieruit kan afgelei word

    hieruit blyk

    dit vloei voort uit

    uit hoofde van

    siende dat

    danksy

     

     

    Teenstellend/Kontrasterend

    ondanks

    enersyds/andersyds

     

     

    Vergelykend

    vergelykbaar met

    in ooreenstemming met

    verskil van

    vergelyk

    op dieselfde manier

     

     

    Voorbeelde/Illustrerend

    gestel dat

    onder andere

    onder meer

    spesifiek

    ensovoorts

    ter verduideliking

     

     

    Samevattend/Veralgemenend/Gevolgtrekkend/Opsommend

    konkluderend

    alles in ag geneem

    kortom

    per slot van rekening

    kortliks

    terugskouend

    hierby kom nog

    Hoe word konjunksiemerkers in akademiese tekste aangewend?

    Vervolgens gee ek twintig voorbeelde van maniere waarop konjunksiemerkers in akademiese tekste aangewend kan word. Daar is helaas nie ruimte in hierdie blog om ʼn voorbeeldsin vir elke konjunksiemerker te gee nie, maar studente behoort algaande die konsep en toepassing daarvan te snap.

    • Die dekadensie was naamlik agteruitgang en verwording wat met oordaad en skoonheid bedek is.
    • Die kabaret is ingestem op vertroulikheid, met ander woorde, intimiteit.
    • By sommige ouerwordende skrywers gebeur soms die teenoorgestelde deurdat daar juis ʼn toenemende toekeer na die gewoon aardse is. ʼn Voorbeeld hiervan in die Afrikaanse letterkunde is N. P. van Wyk Louw se Nuwe verse (1954) en Tristia (1962).
    • Ook hierdie studie plaas op eksperimentele wyse ʼn gerontologiese lens oor die literêre tekste van Hennie Aucamp ten einde eerstens die literêre werke van Aucamp beter te verstaan en tweedens om ʼn beter begrip te verkry wat die veroudering van mense betref, sowel as om insig in die leefwêreld van die senior te bekom.
    • Voorts bied ʼn studie in Afrikaans die geleentheid om bronne wat slegs in Engels beskikbaar is, te ontleed en die vakterminologie te vertaal ten einde ʼn bydrae tot die korpus akademiese navorsing in Afrikaans te lewer.
    • Vervolgens word die slothoofstuk aangebied waarin die belangrikste gevolgtrekkings en ʼn samevatting van die studie vervat word.
    • Benewens hierdie drie domeine onderskei Baars (2009) ook tussen drie temporele benaderings tot veroudering.
    • Die twee subdissiplines binne die gerontologie wat wel probeer om ʼn brug te bou tussen letterkundestudies en verouderingstudies is, soos genoem, die literêre gerontologie en narratiewe gerontologie.
    • Die eerste domein is ons bestaan as liggaamlike wesens wat ons aan ʼn natuurlike omgewing verbind wat van wêrelddeel tot wêrelddeel verskil en boonop aan die verander is weens menslike ingrypings.
    • Sodanige praktyke het die gemeenskaplike gedrag en die onderskeie strategieë gedefinieer wat beide mans moes volg ten einde aan die verhouding ʼn "beeldskone" vorm te gee – dit wil sê een wat esteties en moreel van aard is.
    • In dieselfde trant beskryf Randall en McKim (2004:252) die verband tussen literêre tekste en die werklikheid wat dit weerspieël.
    • Dit is belangrik om daarop te let dat dit hier nie ʼn geval van óf dekadensie óf ouderdom en veroudering is nie, maar dat die verbinding tussen die menslike liggaam en die dood spruit uit die dekadente sfeer.
    • Hierdie proefskrif baan ook die weg vir verdere studies oor Hennie Aucamp, hetsy oor hom as mens en skrywer of oor sy literêre en egodokumentêre werke.
    • Daar is volgens Ricoeur twee soorte tyd in elke storie: Aan die een kant is daar ʼn diskrete, oop en teoreties ongedefinieerde opeenvolging van insidente, en aan die ander kant bestaan daar ʼn temporele aspek gekenmerk deur integrasie, kulminasie en die doeltreffende einde wat aan die storie ʼn skema gee.
    • In hierdie romans word die ouerwordende karakters aan die genade van kulturele konstruksies oorgelaat. Nietemin plaas die tekste ook die liggaam sentraal wat weer herinner aan die beperkings van kulturele veroudering.
    • Laatwerke is, afgesien van die skrywer se ouderdom ten tyde van die produksie daarvan, "laat" in soverre dit die finale uitdrukking van ʼn grootse kreatiewe stem is.
    • Die ekstensiewe en diverse oeuvre van Hennie Aucamp word afgesluit met sy dood op 20 Maart 2014, en is derhalwe gereed om benader te word vanuit nuwe perspektiewe soos die gerontologie wat die bestudering van veroudering is.
    • Geprogrammeerde teorie stel dat selle sterf of ophou repliseer namate mense verouder.
    • Voorts is intergenerasionele verhoudings ook bestudeer, aangesien dit verband hou met die gerontologie soos dit neerslag vind in Aucamp se literêre tekste.
    • Wanneer veroudering slegs vanuit chronologiese perspektief benader word, sal die abstrakte aard daarvan die betekenisvolle inhoud van menslike veroudering wat nodig is om die fenomeen te verstaan, stroop.

     Ten slotte

     Dit is duidelik dat konjunksiemerkers onontbeerlik is vir die skryf van ʼn koherente akademiese teks en daarom moedig ek altyd studente aan om dit (oordeelkundig) in hul skryfwerk aan te wend. Benewens die feit dat konjunksiemerkers die leser deur ʼn akademiese teks begelei, help die afwisseling van verskillende konjunksiemerkers ook om die teks interessant te hou.

    VivA-groete

    Stefan