profile pic

"Diskrepansie" en "informasie" is nie anglisismes nie!

Donderdag, 20 Oktober 2022 Geplaas deur Sophia Kapp

Ons bied tans werkwinkels oor ons grammatika aan. Lekker inligting vir onderwysers wat spesifiek help om die diskrepansies tussen ons skoolgrammatika en die inligting in (sommige) skoolhandboeke uit te wys en te bemiddel. In hierdie werkwinkels kry onderwysers die regte informasie oor die kwessies, en die geleentheid om met taalkundiges daaroor te gesels.

Ja, jy het reg geraai. Groot viesigheid oor die twee woorde. In so 'n standhoudende stroom. Druppende kraan. Dit het uitmergelend geraak om aan elke beswaarde 'n antwoord te skryf, daarom plaas ek die antwoord hier in 'n blog, sodat ons kan kyk of ons die saak vroegtydig in der minne kan skik (en daar is nou vir jou 'n Nederlandisme as jy nog nooit een gesien het nie).