Terwyl almal nog ter strande is, skryf ek maar ʼn bietjie vir die bleeksiele wat al hierdie week agter hulle kompers en ander digitale toestelle moes inskuif.
Die woord “digitaal” is lank reeds in Afrikaans en ander Germaanse tale bekend. Oorspronklik ʼn afleiding van die Latynse “digitus” wat “vinger” beteken, het dit in die sestiende eeu verwys na dit wat betrekking het op vingers. Ook Afrikaans het vroeër slegs dié betekenis geken, soos in 1955 in die WAT opgeteken:
digitaal’ b.nw. Wat op die vingers of tone betrekking het: Digitale eksplorasie, ondersoek van die liggaamsholtes met die vinger. (!!!)