Woorde wat met "waar" begin

Geplaas deur Nadine Fouché-Karsten Maandag, 31 Oktober 2022
Gepubliseer in Klaskamerhulpmiddels;

In hierdie video word voorbeelde van woorde wat met "waar" begin, gegee, naamlik "waarop", "waarmee", waarvan", ens. Die doel van die video is om aan te dui dat hierdie woorde herhaling uitskakel en ’n sin (spesifiek ’n bysin) inlei wat meer besonderhede oor ’n ander sinsdeel gee. Nie te veel metataal word in die video gebruik nie. Dit stel jou in staat om hierdie video selfs aan jonger leerders te vertoon. Laai hierdie video gerus af, en gebruik dit in jou klaskamer.

Lees 1579 tye Laaste modifikasie op Woensdag, 10 April 2024 16:11