Die klaskamerhulpmiddel Kitsfeite oor voegwoorde handel oor leestekengebruik saam met voegwoorde, asook situasies waarin die voegwoord "en" nie as ’n voegwoord gebruik word nie, maar as ’n ander woordsoort.
In hierdie hulpmiddel word kitsfeite oor bywoorde gegee; nie ’n uiteensetting van die soorte bywoorde nie. Hierdie kitsfeite handel onder andere oor die woordvormingsprosesse deur middel waarvan bywoorde gevorm word, watter bywoord "nooit", "nie" en "niks" is, ens. Skoolterme word gebruik, soos "bywoord van tyd". Om hierdie rede kan hierdie hulpmiddels deur Afrikaansonderwysers en Afrikaansleerders (veral dié in die Senior en VOO-fase) gebruik word. As jy ’n Intermediêre Fase-onderwyser is, kan slegs die kitsfeite wat op jou leerders betrekking het, uitgesoek word.
In die blog “Hoofwerkwoorde: die hoofmeisie en hoofseun van die sin” is aangedui dat die term “hoofwerkwoord” ’n oorhoofse benaming vir twee werkwoorde is, naamlik selfstandige werkwoorde (oftewel leksikale hoofwerkwoorde in VivA se Afrikaansgrammatika) en koppelwerkwoorde. In hierdie blog is dié werkwoorde aan die hoofmeisie en hoofseun van die sin gelykgestel. Waar laat dit die ander werkwoorde dan? Hulle het ’n ondersteunende rol, net soos die res van die leerlingraadlede.

In hierdie aanbieding rus Marné Brosens, ’n vakadviseur verbonde aan die Overberg-distrik in die Wes-Kaap, Afrikaansonderwysers in die VOO-fase toe met strategieë om Vraestel 1 effektief saam te stel deur te fokus op:
Hierdie hulpmiddel kan deur EAT-leerders gebruik word om te bepaal wanneer "ken" of "weet" gebruik moet word.
Daar bestaan die wanpersepsie op skoolvlak dat “hoofwerkwoord” ’n sinoniem vir “selfstandige werkwoord” is. In hierdie blog word hierdie wanpersepsie uit die weg geruim deur op die twee soorte hoofwerkwoorde te fokus.
Maar kom ons kyk net weer vir ’n oomblik na die metafoor wat in die titel van die blog voorkom. Waarom sê ek dat die hoofwerkwoord die hoofmeisie en -seun van die sin is?

Wat is die indirekte objek?
Die indirekte objek (oftewel indirekte voorwerp) moet beskou word as ’n funksie (“werk”) wat deur ’n sinsdeel in ’n sin verrig word. Wat beteken dit, as ’n sinsdeel die funksie (“werk”) van ’n indirekte objek het? Dit beteken die volgende (Biber et al., 2018:49; Ponelis, 1979:206).
Ontmoet die tien soorte woordsoorte wat op skoolvlak in Afrikaans Huistaal onderskei word. Die teikengroep van hierdie uitdeelstuk is laerskoolleerders. Hierin word dié leerders ook blootgestel aan VivA se gebruik van "naamwoord" as sinoniem vir "selfstandige naamwoord", en "adjektief" as sinoniem vir "byvoeglike naamwoord".
Indien jy wil weet watter woordsoorte in VivA se Afrikaansgrammatika onderskei word, kan die uitdeelstuk "’n Plakkaat met ’n definisie van elke woordsoort gratis afgelaai word.
In hierdie uitdeelstuk word aangedui hoe die verskillende skryftekens gelykgestel kan word aan verskeie dele van ’n huis. Brei gerus hierdie uitdeelstuk uit met die teorie wat in die uitdeelstuk "Skryftekens in ’n neutedop" vervat is.
Hierdie PowerPoint kan in die klaskamer gebruik word om die bedrywende en lydende vorm te onderrig.