Daar is soveel interessante woorde in verskeie moedertale. Het jy al ooit gehoor van “adem-i merkeziyet" met die betekenis ‘desentralisasie’ in Turks, “waldeinsamkeit” met die betekenis ‘om alleen in die woud te wees, in vrede met die natuur’ in Duits, en “mamihlapinatapai” wat beteken ‘’n kyk tussen twee mense wat iets wil inisieer, maar huiwerig is’ in Yahgan, ’n uitgestorwe taal wat in die Falklandeilande gepraat is (Oxenham 2022).
Ek ontvang nou die dag die vraag oor wat die reël is wanneer twee selfstandige werkwoorde (oftewel "leksikale hoofwerkwoorde") in dieselfde veelvoudige sin (oftewel "neweskikkend komplekse sin) voorkom en hierdie sin in die verlede tyd geskryf moet word. Die sin wat ons as voorbeeld gaan gebruik, is: Die kat en die hond hardloop in die bos, en hulle soek na voëls.
In ouer bronne word woorde soos waarin, waarvan, waarop en waaronder saam met wie en wat gegroepeer en betreklike voornaamwoorde genoem, hoewel hulle eintlik nie saam hoort nie. Die eerste groep woorde (waarin, waarvan, waarop en waaronder as enkele voorbeelde) hoort saam, terwyl wie en wat ’n afsonderlike tweede groep vorm. Groep 1 word “voornaamwoordelike bywoorde” genoem – hulle is dus ’n soort bywoord, terwyl groep 2 betreklike voornaamwoorde is – ’n soort voornaamwoord.
In hierdie blitsblog:
Gebruik die Facebook-woordeskathulpmiddel om nuwe woordeskat te onderrig. Die leerders kies ’n bepaalde woord of uitdrukking en skep ’n Facebook-profiel daarvoor. Deur byvoorbeeld iets in die afdeling “Meer oor my” te skryf, demonstreer hulle kennis oor hierdie woord/uitdrukking se betekenis.
Een van die vrae wat dikwels gevra word, is wanneer tydsaanduidende en plekaanduidende woorde gewysig moet word wanneer die direkte rede na die indirekte rede omgeskakel word.
In hierdie skrywe poog ek om dié vraag te beantwoord deur na die algemene vakliteratuur en die terugvoer van vakadviseurs te verwys. Ek sluit die uitdeelstuk af met voorbeelde van hoe die assessering van die indirekte rede effens aangepas kan word, sodat dit vir leerders duideliker is waarom bepaalde tydsaanduidende/plekaanduidende uitdrukkings in die indirekte rede moet verander.
Hierdie klaskamerhulpmiddel kan gebruik word om die naamwoord (oftewel selfstandige naamwoord) as abstrakte konsep in die klaskamer aan graad 4-leerders bekend te stel. Hoewel dit nie pertinent aangedui word nie, maak hierdie hulpmiddel voorsiening vir soortnaamwoorde (oftewel soortname op skoolvlak) en eienaamwoorde (oftewel eiename op skoolvlak), aangesien hierdie twee soorte naamwoorde in die graad 4-handboeke tot my beskikking ingesluit word.
Dit is onmoontlik om met mekaar te praat sonder om te verwys na mense, nielewende voorwerpe, diere of plekke, om slegs enkeles te noem. Die woorde wat ons gebruik om hierdie sake te benoem, is naamwoorde (oftewel selfstandige naamwoorde soos dit op skoolvlak bekendstaan). In die onderstaande prentjie gebruik ek ’n hele reeks naamwoorde om sake, die entiteite in die prentjie, te benoem. Byvoorbeeld, ek gebruik die naamwoord “wolk” om die wit massa in die lug, wat klein druppeltjies water (reën) vorm, te benoem.
Figuur 1: ’n Uitbeelding van naamwoorde wat sake benoem
(Dit is geskep m.b.v. Canva AI Image Generator.)
Het jy al opgelet hoedat mense die woord bottel gebruik om eintlik na die inhoud van die bottel te verwys, soos in Die baba drink sy bottel; of hoe oog vir detail gebruik word in plaas van fyn aanvoeling vir detail, soos in Sy het ’n oog vir detail?

Wanneer jy woorde só vervang, skep jy skakels tussen dinge rondom jou: tussen die bottel en die inhoud daarvan, of tussen die vermoë om fyn detail te identifiseer en die deel van die mens, die oog, wat die fyn detail waarneem. Hierdie skakels word deur hulle taalgebruik gereflekteer. Jy wys hierdeur vir ander mense hóé jy sin maak van die konsepte rondom jou.
Jy gebruik met ander woorde elke dag metonimie, want jy gebruik die naam van een entiteit om te verwys na ’n ander entiteit wat daarmee verband hou (Lakoff & Johnson 1980:35). Anders gestel: Jy benoem ’n sekere saak of entiteit nie direk nie, maar indirek (Nordquist 2018).
In hierdie hulpmiddel word aangedui dat dieselfde woord (naamlik "niks") as verskillende woordsoorte gebruik kan word. Druk dit gerus uit, en deel dit met jou leerders.
Die onbepaalde voornaamwoord vorm op sy eie ’n sinsdeel, of dit verbind met ander woorde om ’n sinsdeel te vorm. Hierdie sinsdeel het verskillende funksies binne die sin.