Nadine Fouché-Karsten

Nadine Fouché-Karsten

Vrydag, 07 Junie 2024 13:28

Alfabetpas

Gebruik hierdie speletjie met vrug in die Grondslag- of Intermediêre Fase. Die doelwit is om soveel kere as moontlik “pas” te skree, sodat die leerder sy/haar aantal kaarte kan vermeerder en wen. Laai die instruksieblad, asook die speelkaarte af, en druk dit vir jou leerders uit. 

In Afrikaans kan ons sinne op verskillende maniere gestruktureer (of saamgestel) wees, en op grond daarvan kry ons verskillende sinstrukture, naamlik enkelvoudige sinne, veelvoudige sinne en saamgestelde sinne. In hierdie uitdeelstuk word die eienskappe van enkelvoudige sinne bespreek.

Inleiding

Die terme nasalering en vokalisering is terme wat nog op skoolvlak gebruik word. Dit word in ouer bronne soos Afrikaanse klankleer: fonetiek, fonologie en woordbou (De Villiers, 1967) gebruik, maar in resenter bronne soos Anna Coetzee se Fonetiek (Coetzee, 2017) en prof. Daan Wissing se boekhoofstuk “Fonetiek” in Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde (Wissing, 2017) word hierdie onderskeid nie getref nie. Daar word eerder slegs na nasalering verwys. Vokalisering is iets wat deel van hierdie proses is – iets wat hier onder duidelik na vore sal kom.

Woensdag, 08 Mei 2024 12:11

Woordeskatontwikkeling

Druk hierdie bladsy uit, en gebruik dit wanneer jy nuwe woordeskat teëkom. In die eerste blokkie word die onbekende woord/uitdrukking geskryf. In die tweede blokkie word die woord/uitdrukking gedefinieër (woordeboekgebruik word aangemoedig). In die derde blokkie word aangedui hoe hierdie konsep met die leerder se lewe verband hou.

Hierdie klaskamerhulpmiddel is gemik op onderwysers wat Afrikaans Addisionele Taal onderrig en wonder hoe ’n mens vir leerders die verskil tussen die koppelwerkwoorde "is" en "word" kan verduidelik. Laai sowel die instruksieblad as die hulpmiddel af.

Woensdag, 10 April 2024 15:38

Oorganklike en onoorganklike hoofwerkwoorde

Op skoolvlak word daar tussen hoofwerkwoorde wat oorganklik en onoorganklik gebruik word, onderskei.

In hierdie uitdeelstuk word aandag aan die volgende kwessies gegee:

  • Wat is oorganklike hoofwerkwoorde?
  • Wat is onoorganklike hoofwerkwoorde?
  • Kan werkwoorde onoorganklik en oorganklik gebruik word, en waarom?
Woensdag, 27 Maart 2024 13:09

Veelsydige woorde

Inleiding

Ek het ’n geruime tyd gelede die navraag ontvang watter woordsoort die woord om in die voorbeeld Die olifant stoot die boom om is. Die gebruiker het gewonder of dit ’n bywoord, ’n voorsetsel of ’n tweede werkwoord is, en watter element van die STOMPI-riglyn daarmee geassosieer word.

Ek het onmiddellik besef dat hierdie woord eintlik meer as een funksie binne die sin kan verrig. Dink só daaraan: Almal kyk nie op dieselfde manier na ’n selfoon nie. Een persoon beskou ’n selfoon as ’n kommunikasiemiddel, iemand anders gebruik dit vir navigasiedoeleindes, en dan is daar selfs mense wat dit vir vermaak (soos om na musiek te luister) of as ’n wekker gebruik. Dit bly ’n selfoon, maar sy funksie word bepaal deur die een wat hom in sy hand hou. Net so word die funksie van om bepaal deur die wyse waarop die sin waarin dit voorkom, ontleed word.

In hierdie blog gaan ek ’n aantal kwessies aanraak:

  • Ek gaan die verskillende woordsoorte wat om kan wees en nie kan wees nie, uitlig.
  • Daarna gaan ek aandui wat ék dink vir leerders oor sy gebruik in die sin Die olifant stoot die boom om gesê moet word én watter belangrike spelreëls in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (afgekort as 2017-AWS) daarop betrekking het.
  • Laastens sal ek aandui hoe die STOMPI-riglyn aangepas kan word om vir sulke woorde voorsiening te maak.
Woensdag, 27 Maart 2024 13:09

Veelsydige woorde

Inleiding

Ek het ’n geruime tyd gelede die navraag ontvang watter woordsoort die woord om in die voorbeeld Die olifant stoot die boom om is. Die gebruiker het gewonder of dit ’n bywoord, ’n voorsetsel of ’n tweede werkwoord is, en watter element van die STOMPI-riglyn daarmee geassosieer word.

Ek het onmiddellik besef dat hierdie woord eintlik meer as een funksie binne die sin kan verrig. Dink só daaraan: Almal kyk nie op dieselfde manier na ’n selfoon nie. Een persoon beskou ’n selfoon as ’n kommunikasiemiddel, iemand anders gebruik dit vir navigasiedoeleindes, en dan is daar selfs mense wat dit vir vermaak (soos om na musiek te luister) of as ’n wekker gebruik. Dit bly ’n selfoon, maar sy funksie word bepaal deur die een wat hom in sy hand hou. Net so word die funksie van om bepaal deur die wyse waarop die sin waarin dit voorkom, ontleed word.

In hierdie uitdeelstuk word aangedui hoe poliseme aan leerders bekendgestel kan word. Eenvoudige én gevorderde aktiwiteite word voorgestel. Die uitdeelstuk word met bykomende voorbeelde van poliseme afgesluit.

Donderdag, 22 Februarie 2024 11:19

Woordverhoudings in Afrikaans

Woorde staan in ’n sekere verhouding tot mekaar. As ons meer hieroor leer, verstaan ons beter waarom taal op ’n sekere manier gebruik word. Laai die hulpmiddel "Woordverhoudings in Afrikaans" af, gebruik dit as notas tydens onderrig, plak dit in jou leerders se boeke as aanvullende leermateriaal, of integreer dit in jou bestaande skyfiereekse met die nodige erkenning aan die Virtuele Instituut vir Afrikaans.

Bladsy 3 van 8