Nadine Fouché-Karsten

Nadine Fouché-Karsten

Hierdie leerhulpmiddel is ’n A0-plakkaat waarop die definisie van elke woordsoort gegee word – ook geïllustreer met voorbeelde.

Afrikaansonderwysers, as jy graag wil verstaan waarom ons ons definisies van die onderskeie woordsoorte op ’n sekere wyse geformuleer het, gaan kyk asseblief die nuttige, gratis, aflaaibare video wat ook op hierdie bladsy beskikbaar is. Die naam van hierdie video is "Die definisies van woordsoorte".

Hierdie A0-plakkaat gee ’n uiteensetting van die verskillende Afrikaanse woordsoorte (of hoofkategorieë) én die soorte (of subkategorieë) waarin elke woordsoort verdeel kan word, elkeen toegelig met voorbeeldwoorde.

Donderdag, 03 Maart 2022 22:25

Videomateriaal: inleiding tot woordsoorte

 

Die volgende kreatiewe, lewenswerklike video kan in die Afrikaansklaskamer gebruik word om woordsoorte aan veral jonger leerders bekend te stel.

Ek kom nou die dag die volgende Engelse woord teë waarvan ek nie die betekenis ken nie: “sesquipedalian”. Onmiddellik klim ek op die rekenaar en hark my versameling aanlyn Pharos-woordeboeke nader. ‘1 ’n lang mens/ding; 2 lang woord (naamwoord); 1 polisillabies, veellettergrepig; 2 ellelank (pred.), ellelang(e) (attr.); 3 langdradig, omslagtig, wydlopig” (adjektief)’ is die betekenisse wat daar vir my gegee word.

Wat ek gedoen het, is om ’n hulpmiddel, naamlik ’n woordeboek, te gebruik om ’n talige kwessie op te los. Net so is kennis van woordsoorte ’n belangrike hulpmiddel wat gebruik word wanneer die korrekte spelling van woorde bepaal moet word. Woordsoorte moet derhalwe as ’n middel tot ’n doel beskou word en nie ’n doel op sigself nie – ’n mening wat ook in die onderrigleerplan, die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring, gehuldig word.

Bladsy 8 van 8