In hierdie hulpmiddel word aangedui dat dieselfde woord (naamlik "al") as verskillende woordsoorte gebruik kan word. Druk dit gerus uit, en deel dit met jou leerders.
In hierdie hulpmiddel word aangedui dat dieselfde woord (naamlik "wat") as verskillende woordsoorte of subkategorieë van ’n spesifieke woordsoort gebruik kan word. Druk dit gerus uit, en deel dit met jou leerders.
Hierdie uitdeelstuk omvat al die inligting wat die Afrikaansonderwyser nodig het wanneer die onbepaalde voornaamwoord op skoolvlak onderrig word, vanaf die definisie van "onbepaalde voornaamwoord", na voorbeeldsinne en die voorstel van tipiese identifiseringstoetse.
Sommige naamwoorde begin om hulle soos voornaamwoorde te gedra. Ons sê dat hulle gegrammatikaliseer het. Wat beteken hierdie woord: gegrammatikaliseer? Dit dui op die taalverandering wat plaasvind wanneer “’n konstruksie afstand doen van sy leksikale betekenis en evolueer om grammatikale betekenis uit te druk” (Breed 2012:x). Met ander woorde, grammatikalisering verwys na die verandering wat intree wanneer ’n woord afstand doen van sy woordeboekbetekenis / oorspronklike, letterlike betekenis (leksikale betekenis) en ’n betekenis begin uitdruk wat slegs uit die konteks van die sin afgelei kan word (grammatikale betekenis).
Het jy al ooit getwyfel of ’n woord ’n persoonlike voornaamwoord, ’n besitlike voornaamwoord, of ’n wederkerende voornaamwoord is. Die onderstaande toetse kan help om in so ’n geval ’n onderskeid tussen hierdie woordsoorte te tref.
Onlangs wil ek oplees oor die klankgrepe van ’n bepaalde woord toe ek op die Uitspraakwoordeboek op my boekrak afkom. Op een van die eerste bladsye trek die opskrif “Spelling en uitspraak is nie dieselfde nie” onmiddellik my aandag, want so dikwels het ek al stellings gesien soos “Herken en gebruik dubbelklanke: aa, oo, ee, uu”, wat nie klanke is nie maar letters.
Die vraag is dus: Wat is letters, en wat is klanke, én hoe moet die verhouding tussen dié twee verwoord word?
In hierdie plakkaat bied ons 'n blik op variasie wanneer vraende voornaamwoorde gebruik word. Hierdie inligting is uit Van Schoor (1983) geneem, en al die voorbeelde wat gelys word, is werklike voorbeelde van taalgebruik wat uit Korpusportaal geneem is.
Op Internasionale Moedertaaldag het onderwysers die geleentheid gekry om idiome visueel op ’n kreatiewe wyse uit te beeld. Hierdie plakkaat is ’n opsomming van die onderwysers se uitbeeldings. Die plakkaat is ’n A0-grootte, maar dit kan ook as ’n A1- of ’n A2-grootte uitgedruk word.
In sekere konstruksies verskyn vraende voornaamwoorde nie aan die begin van ’n spesifieke vraagsin nie. Laai die hulpmiddel af om te bepaal waarom vraende voornaamwoorde op hierdie wyse gebruik word.
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (www.viva-afrikaans.org) het in 2015 begin as ’n enkele navorsingsprojek wat net vyf jaar sou duur. Soos wat VivA se gebruikers toegeneem en ons produkaanbod in ’n wye verskeidenheid taalbehoeftes begin voorsien het, het VivA se direksie en personeel ook besef dat hierdie projek baie groter is as wat ons aanvanklik gedink het.
In die byna nege jaar wat VivA se digitale deure oop is, het soveel mense hulle drome vir Afrikaans met ons gedeel en geglo dat ons van die drome ’n realiteit sal kan maak. Een so ’n persoon was professor Oppel Greeff, voormalige VivA-direksielid wat die stigtersmaatskappy, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, verteenwoordig het. Sy droom vir VivA Afrikaans was om intern ’n uitgewery te begin. Die rede hiervoor was eenvoudig en baie sinvol: Skep ’n addisionele inkomstestroom vir VivA as ’n maatskappy sonder winsoogmerk, maar hou ook aan om inhoud in Afrikaans beskikbaar te stel. Die ander direksielede het die voorstel beaam. Hierdie gesprekke het al in 2016 plaasgevind, maar VivA is ’n digitale maatskappy en dit het op daardie stadium nie moontlik gelyk met die tegnologiese mandaat wat ons het nie. Ons het professor Oppel se voorstel nietemin steeds in gedagte gehou.