Nadine Fouché-Karsten

Nadine Fouché-Karsten

Woensdag, 18 Mei 2022 09:29

Die ondeunde woordsoort: die bywoord

Toe ek klein was, het ek altyd my blou ogies gebruik om my oupa se arm te draai om vir my grondboontjiebotter en stroop in ’n bakkie te meng in plaas daarvan om die mengsel op ’n broodjie te smeer. Dan gaan sit ek skelmpies en eet, sodat Ouma nie daarvan uitvind nie.

Grondboontjiebotter

(Beeld ontleen aan Pixabay.)

 

Ek dink die bywoord is net so ondeund soos wat ek was. Net soos wat ek my oupa oorreed het om grondboontjiebotter en stroop te meng, draai die bywoord die arm van die taalgebruiker – nou nie om grondboontjiebotter en stroop te meng nie – om ander woorde en sinsdele ook as bywoorde te klassifiseer, hoewel hulle duidelik nie is nie.

Daar word tans in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir onderwysers verkeerdelik aangedui dat dandusdaaromnogtans en anders groep 2-voegwoorde is. In hierdie uitdeelstuk word verduidelik aan watter woordsoort sulke woorde wel toegeken behoort te word en wat die verskil tussen hierdie woorde en voegwoorde (bv. maaren en want; en sodatdatomdat en indien) is. Skandeer die QR-kode voor op die leerhulpmiddel, of klik op die YouTube-skakel in die regterkantste hoek. Met die video oor die eendjie en gansie kan hierdie onderwerp selfs aan leerders in laer grade bekend gestel word.

 (i) Hoe gebruik ek die QR-kode om die instruksionele video te kyk?

Opsie 1 (as jy die hulpmiddel op jou rekenaar oopmaak):

  • Gaan na die toepwinkel ("App Store") op jou foon, en laai die sagteware af. Maak die leerhulpmiddel op jou rekenaar oop, en skandeer die QR-kode met jou selfoon. Nou kyk jy na die video op jou selfoon.

Opsie 2 (as jy die hulpmiddel op jou selfoon oopmaak): 

  • Gaan na die toepwinkel ("App Store") op jou foon.
  • Maak die leerhulpmiddel op jou foon oop.
  • Vergroot die QR-kode, en neem ’n skermskoot ("screen shot") daarvan.
  • Gaan na die QR-kode-toep wat jy sopas afgelaai het, en klik op die ikoon bo wat lyk soos ’n bergreeks en wat binne ’n blokkie voorkom. Jy word nou geneem na jou gallery ("gallery") waar al jou skermskote en foto's gestoor is. Kies die skermskoot wat jy van die QR-kode geneem het. Die toep behoort nou vir jou drie opsies te gee: "open", "share" of "copy". Kies die oopmaakopsie ("open").

(ii) Hoe gebruik ek die YouTube-skakel om die video te kyk as ek nie die QR-kode wil skandeer nie?

Opsie 1 (as jy die hulpmiddel op jou rekenaar oopmaak):

  • Maak die hulpmiddel op jou rekenaar oop.
  • Gaan klik bloot op die skakel, of kopieer die skakel, en plak dit binne die webblaaier op jou rekenaar.

Opsie 2 (as jy die hulpmiddel op jou selfoon oopmaak):

  • Plaas jou vinger bo-op die YouTube-skakel en hou dit vir ’n rukkie, totdat die skakel verlig is. 
  • Kies dan om die skakel te kopieer. Gewoonlik behoort ’n ikoon soortgelyk aan die volgende een iewers te verskyn: ❐.
  • Maak jou webblaaier (bv. Chrome) oop, en gaan plak ("paste") die skakel binne die soekboksie deur jou vinger binne die soekboksie te druk. Sodra jy jou vinger weggeneem het, behoort die woord "paste" as opsie te verskyn. Kies "paste".
  • Klik dan op die relevante knoppie op jou selfoon se sleutelbord om aan te dui dat jy na hierdie skakel geneem wil word.

Kopiereg voorbehou:
Neem asseblief kennis dat hierdie produk die intellektuele eiendom van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) is (© VivA 2022). Dit mag deur jou gebruik word, mits jy dit aangekoop het en aan VivA erkenning gegee word. Dit mag nie gedeeltelik en/of algeheel gedupliseer word en met ander gedeel word nie.
Normaalweg word daar van leerders verwag om ’n adjektief (of byvoeglike naamwoord) as óf attributief óf predikatief te klassifiseer. Die idee word geskep dat dit twee soorte adjektiewe is. Toe nou nie ...
In die video word verduidelik wat eintlik met "attributief" en "predikatief" bedoel word.

In hierdie podsending, spesifiek gerig op dosente van Onderwysafrikaans, onderwysstudente en Afrikaansonderwysers (insluitend nasorgonderwysers en tuisonderwysers), gesels Nadine Fouché-Karsten, VivA se onderwystaalkundige, met die eindredakteur van VivA se Afrikaansgrammatikas, prof. Adri Breed, oor die manier waarop VivA die soorte (of subkategorieë) woordsoorte definieer. Sy verduidelik ook hoe die onderrig hiervan op skoolvlak benader kan word.

In ’n kort opsommig uit die boek Die gans die dacht dat hij een eend was (Mike van Herwijnen en Danielle van Wiel, 2018) word vertel dat die wind op ’n stormagtige aand die eier van ’n gans na die nes van ’n eend gewaai het. Wanneer hierdie gans gebore word, kom die ouers geensins agter dat een van hul eie kuikens omgeruil is met ’n gans nie, maar namate die klein gans ouer word, kom hy agter dat hy anders as die res is. Nou is die vraag: Is die kleine gans ’n gans, hoewel hy soos ’n eend voel?

Ek dink dit is presies wat met die “sogenaamde” drie groepe voegwoorde waarna op skoolvlak verwys word, gebeur het.

Dinsdag, 22 Maart 2022 11:37

VivA se woordsoortdefinisies

In hierdie video, spesifiek gerig op dosente van Onderwysafrikaans, onderwysstudente en Afrikaansonderwysers (insluitend nasorgonderwysers en tuisonderwysers), word inligting gegee oor die wyse waarop VivA tussen verskillende hoofkategorieë of woordsoorte op hul klaskamerhulpmiddel "’n Plakkaat met ’n definisie van elke woordsoort" onderskei.

Moedertaalsprekers kort nie eselsbruggies nie. Hulle beskik reeds oor ’n interne grammatika of ’n versameling patrone wat verfyn word namate hulle met ander moedertaalsprekers in kontak kom. Dink mooi daaroor: Niemand het vir jou gesê dat Afrikaans ’n V2-taal is nie. Met ander woorde, niemand het vir jou pertinent gesê dat ’n werkwoord in die meeste Afrikaanse sinne altyd ná die subjek (of onderwerp) kom nie (bv. Ek gee klas; Ek merk boeke, ens.), tog weet ’n mens dit en formuleer jy jou sinne so.

Niemoedertaalsprekers kort egter meer leiding. ’n Integrale deel van die aanleer van ’n addisionele (of tweede addisionele) taal is die gebruik van ’n monitor of ’n redigeerder. Dit is die siening van ’n kenner van tweedetaalverwerwing, Stephen Krashen. Dit is juis wat STOMPI is – dit is nie ’n taalreël nie. Dit is ’n monitor, reseppie of eselsbrug wat deur addisioneletaalleerders gebruik word om die vorming van sinne te monitor, sodat dit samehangend is.

Ek wil ’n scenario skets.

Die Afrikaansonderwyser staan voor in die klaskamer en spring weg met die aanbieding van taalstrukture en -konvensies (grammatika) met behulp van voorbeelde, met of sonder verduidelikings. Hierna word voortbeweeg na die oefeningfase waar die taalstrukture en -konvensies onder gekontroleerde omstandighede met behulp van opdragte/aktiwiteite ingeoefen word. Dan volg die produksiefase waar leerders betrokke is in vryetaalproduksie, byvoorbeeld die gebruik van die betrokke taalstrukture en -konvensies as deel van een of ander teks (bv. ’n advertensie) wat geskryf word. Somtyds is onderrig egter net beperk tot die eerste twee fases. Klink dit vir jou bekend?

Daar is soveel definisies vir die term sin wat verhoed dat onderwysers weet wát ’n sin nou eintlik is,  watter tipe inligting hulle moet insluit en watter voorbeelde hulle moet gebruik wanneer die sin onderrig moet word.

Daar is ook 11 uitdeelstukke wat die kerninligting van elkeen van die woordsoorte opsom – iets wat uitgedruk en in leerders se boeke geplak sou kon word.

Hierdie uitdeelstukke is van so ’n hoë gehalte op die web gepubliseer dat dit uitgedruk en as “plakkate” in klaskamers gebruik sou kon word.

Bladsy 7 van 8