Wêreld-hardopleesdag word jaarliks op die eerste Woensdag van Februarie gevier. Hierdie dag het ten doel om mense saam te bring deur hul gemeenskaplike liefde vir lees (Scholastic n.d.). In samehang met Internasionale Storievertellingsweek, wat vanjaar vanaf 30 Januarie tot 6 Februarie gevier word, dien dit as ’n herinnering van die impak wat hardoplees (en dan ook storievertelling) op individue, gemeenskappe en die wêreld as ’n geheel kan hê. Volgens die geletterdheidskenner Pam Lynne is stories, hetsy dit vertel of gelees word, die mens se grootste hulpbron, omdat stories mense bemagtig om sosiale verandering te weeg te bring (LitWorld n.d.). Hoe word sosiale verandering meegebring? Stories skep ’n ruimte waar leerders kan reflekteer, en die gevolg van hierdie refleksie oor onder andere hul identiteit, hul sterkpunte en hul drome lei tot ’n noemenswaardige verskil in hul lewens, waarvan die effek weer in die gemeenskap waarneembaar kan wees (LitWorld n.d.). Daarom word daar gepoog dat elke individu in die meer as 173 deelnemende lande wêreldwyd op Wêreld-hardopleesdag ’n boek moet gryp, ’n gehoor moet vind en hardop moet lees om die krag van lees te vier, bande in die gemeenskap te smee en die belangrikheid van geletterdheid as ’n basiese mensereg te benadruk.
Dikwels moet leerders ritse soorte voornaamwoorde leer, maar ons versuim om vir hulle te verduidelik wat die funksie daarvan is. Hierdie uitdeelstuk vir gebruik in die klaskamer dien dié doel.
’n Lettergreep is bietjie soos my persoonlikheid. Partykeer dink my man dat hy met weergawe 1 te doen het, dan het ek lankal reeds na weergawe 21 oorgeskakel. Net so is die lettergreep. Kom ek gee ’n voorbeeld. Reëls 1.12 en 1.13 in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) maak voorsiening vir verskillende lettergreepverdelingsmoontlikhede wanneer ’n mens met die letterkombinasies <sj> te doen kry. As <s> en <j> verskillende klanke voorstel (soos in “asjas”), is die verdeling tussen die twee (naamlik “as-jas”), maar as hulle een klank voorstel (soos in “brosjure”), vind die lettergreepverdeling vóór <sj> plaas (naamlik “bro-sjure”).
In hierdie video word voorbeelde van woorde wat met "waar" begin, gegee, naamlik "waarop", "waarmee", waarvan", ens. Die doel van die video is om aan te dui dat hierdie woorde herhaling uitskakel en ’n sin (spesifiek ’n bysin) inlei wat meer besonderhede oor ’n ander sinsdeel gee. Nie te veel metataal word in die video gebruik nie. Dit stel jou in staat om hierdie video selfs aan jonger leerders te vertoon. Laai hierdie video gerus af, en gebruik dit in jou klaskamer.
In hierdie skrywe stel ek ’n lesplan voor wat gebruik kan word vir die onderrig van “bywoorde wat ’n betekenis van modaliteit kommunikeer” (soos wat daarna in VivA se Afrikaansgrammatikas verwys word) of “bywoorde van modaliteit” (soos wat daarna op skoolvlak verwys word).
“Die maklikste manier om vir leerlinge die bywoord van modaliteit te verduidelik....asb” [sic]. Dit is een van die antwoorde wat ontvang het, nadat ek op VivA se Facebookblad vir Afrikaansonderwysers, Taalonderwysersforum, gevra het met watter aspekte van die bywoord probleme ervaar word.
In hierdie skrywe stel ek ’n lesplan voor wat gebruik kan word vir die onderrig van “bywoorde wat ’n betekenis van modaliteit kommunikeer” (soos wat daarna in VivA se Afrikaansgrammatikas verwys word) of “bywoorde van modaliteit” (soos wat daarna op skoolvlak verwys word). Die les volg ’n tipiese inleiding-ontwikkeling-konsolidasie-struktuur wat deur Lawrence et al. (2014:212-213) voorgestel word.
1. Inleiding: die wanpersepsie rakende die aard van die bywoordelike bepaling
Die arme bywoordelike bepaling ondergaan op hierdie stadium ʼn identiteitskrisis deurdat dit dikwels as ʼn vormlike sinsdeel hanteer word, hoewel dit eerder, net soos die subjek (of onderwerp), objek (of voorwerp) en gesegde, dui op die funksie van ʼn sekere sinsdeel.
Dat daar in skoolhandboeke na die bywoordelike bepaling deur ʼn vormlike lens gekyk word, blyk duidelik uit die volgende aanhaling uit ʼn graad 12-leerderboek:

Hierdie aktiwiteit help leerders om op ’n samewerkende en prettige manier krities na te dink oor die betekenis van ’n woord, eerder as om voorsien te word van sinne waarin hulle bloot adjektiewe en bywoorde moet identifiseer. Die hulpmiddel wat vir die speletjie gebruik kan word, word aan die einde van die dokument voorsien. Dit kan uitgedruk en uitgeknip word. Alternatiewelik kan ander kaartjies ontwerp word na gelang van die vaardigheidsvlak van die leerders.
Gebruik hierdie video om te verduidelik dat woorde soos wawyd oop (en ook blakend gesond, roerend mooi, ontsettend ontstellend, ens.) nie adjektiewe is nie, maar bestaan uit ’n bywoord wat geïntensiveer is, gevolg deur ’n adjektief.
