Nadine Fouché-Karsten

Nadine Fouché-Karsten

Maandag, 09 Junie 2025 16:45

Kitsfeite oor voegwoorde

Die klaskamerhulpmiddel Kitsfeite oor voegwoorde handel oor leestekengebruik saam met voegwoorde, asook situasies waarin die voegwoord "en" nie as ’n voegwoord gebruik word nie, maar as ’n ander woordsoort.

Donderdag, 05 Junie 2025 12:29

Kitsfeite oor bywoorde vir die eksamen

In hierdie hulpmiddel word kitsfeite oor bywoorde gegee; nie ’n uiteensetting van die soorte bywoorde nie. Hierdie kitsfeite handel onder andere oor die woordvormingsprosesse deur middel waarvan bywoorde gevorm word, watter bywoord "nooit", "nie" en "niks" is, ens. Skoolterme word gebruik, soos "bywoord van tyd". Om hierdie rede kan hierdie hulpmiddels deur Afrikaansonderwysers en Afrikaansleerders (veral dié in die Senior en VOO-fase) gebruik word. As jy ’n Intermediêre Fase-onderwyser is, kan slegs die kitsfeite wat op jou leerders betrekking het, uitgesoek word.

In die blog “Hoofwerkwoorde: die hoofmeisie en hoofseun van die sin” is aangedui dat die term “hoofwerkwoord” ’n oorhoofse benaming vir twee werkwoorde is, naamlik selfstandige werkwoorde (oftewel leksikale hoofwerkwoorde in VivA se Afrikaansgrammatika) en koppelwerkwoorde. In hierdie blog is dié werkwoorde aan die hoofmeisie en hoofseun van die sin gelykgestel. Waar laat dit die ander werkwoorde dan? Hulle het ’n ondersteunende rol, net soos die res van die leerlingraadlede. 

 Niehoofwerkwoord1.png

In hierdie aanbieding rus Marné Brosens, ’n vakadviseur verbonde aan die Overberg-distrik in die Wes-Kaap, Afrikaansonderwysers in die VOO-fase toe met strategieë om Vraestel 1 effektief saam te stel deur te fokus op:

  • die seleksie van geskikte tekste wat relevant en vlakgepas is;
  • die aanpassing van tekste om verskillende moeilikheidsvlakke te akkommodeer;
  • die sinvolle integrasie van kognitiewe vlakke in vraagstelling; en
  • die effektiewe aanwending van eksamenwoordeskat in assesserings.
Donderdag, 08 Mei 2025 12:38

Die verskil tussen "ken" en "weet"

Hierdie hulpmiddel kan deur EAT-leerders gebruik word om te bepaal wanneer "ken" of "weet" gebruik moet word.

 

Daar bestaan die wanpersepsie op skoolvlak dat “hoofwerkwoord” ’n sinoniem vir “selfstandige werkwoord” is. In hierdie blog word hierdie wanpersepsie uit die weg geruim deur op die twee soorte hoofwerkwoorde te fokus.

Maar kom ons kyk net weer vir ’n oomblik na die metafoor wat in die titel van die blog voorkom. Waarom sê ek dat die hoofwerkwoord die hoofmeisie en -seun van die sin is?

  • Die hoofmeisie en -seun is die leerlingraadslede wat die grootste verantwoordelikheid het om dissipline onder die leerders te handhaaf. So ook het die hoofwerkwoord die belangrike verantwoordelikheid om aan te dui of ’n toestand, oftewel manier van wees ( “Hulle lyk kwaad”), of ’n handeling, oftewel ’n situasie wat gedurig verander en vorder (bv. “Die meisie lees ’n boek”), in die sin uitgedruk word.Leerlingraad.png
  • Die hoofmeisie en -seun ontvang hulp vanaf die ander leerlingraadslede; tog bly hulle in beheer. Net so is die hoofwerkwoord die werkwoord wat in beheer is, al word dit saam met ander werkwoorde gebruik om ’n bepaalde betekenis oor te dra. Dit is in beheer, omdat dit op sy eie in die sin kan staan én oorbly wanneer al die ander werkwoorde weggelaat word. Lees die volgende voorbeelde, en kyk watter werkwoord oorbly:
Woensdag, 02 April 2025 11:30

Verken die indirekte (belanghebbende) objek

Wat is die indirekte objek?

Die indirekte objek (oftewel indirekte voorwerp) moet beskou word as ’n funksie (“werk”) wat deur ’n sinsdeel in ’n sin verrig word. Wat beteken dit, as ’n sinsdeel die funksie (“werk”) van ’n indirekte objek het? Dit beteken die volgende (Biber et al., 2018:49; Ponelis, 1979:206).

  • Dit is ’n sinsdeel wat ná werkwoorde[i] soos “bied”, “bewys”, “deel”, “gee”, “gun”, “leer”, “deel”, “dien ... toe”, “skuld”, “vertel”, “vergeef” en “wys” staan.
  • Dit is ’n sinsdeel wat tipies voor ’n direkte objek staan.
  • Dit is ’n sinsdeel wat die werkwoordgedeelte[ii] aanvul deur in die plek van X in Werkwoordgedeelte X direkte objek te gaan staan, waar dit betekenisgewys aandui wie iets, aangedui deur die direkte objek, ontvang, daarby baat of dit prysgee.
Woensdag, 12 Maart 2025 13:11

Ontmoet die verskillende woordsoorte

Ontmoet die tien soorte woordsoorte wat op skoolvlak in Afrikaans Huistaal onderskei word. Die teikengroep van hierdie uitdeelstuk is laerskoolleerders. Hierin word dié leerders ook blootgestel aan VivA se gebruik van "naamwoord" as sinoniem vir "selfstandige naamwoord", en "adjektief" as sinoniem vir "byvoeglike naamwoord". 

Indien jy wil weet watter woordsoorte in VivA se Afrikaansgrammatika onderskei word, kan die uitdeelstuk "’n Plakkaat met ’n definisie van elke woordsoort gratis afgelaai word.

Woensdag, 15 Januarie 2025 16:42

Die Huis van Skryftekens

In hierdie uitdeelstuk word aangedui hoe die verskillende skryftekens gelykgestel kan word aan verskeie dele van ’n huis. Brei gerus hierdie uitdeelstuk uit met die teorie wat in die uitdeelstuk "Skryftekens in ’n neutedop" vervat is.

Hierdie PowerPoint kan in die klaskamer gebruik word om die bedrywende en lydende vorm te onderrig.

  • Die inhoud is van so ’n aard dat dit oor skoolfases heen en selfs vir verskillende taalvlakke (huistaalvlak en addisioneletaalvlak) gebruik kan word.
  • Kies dus die skyfies wat vir jou leerders relevant is.
  • Onderaan elke skyfie is notas. Gebruik dit om die les aan te bied - dit is jou onderrignotas.
  • Druk ook die STBOMP-tabel vir jou leerders uit om interaktiwiteit te bevorder.
Bladsy 1 van 8