Druk hierdie bladsy uit, en gebruik dit wanneer jy nuwe woordeskat teëkom. In die eerste blokkie word die onbekende woord/uitdrukking geskryf. In die tweede blokkie word die woord/uitdrukking gedefinieër (woordeboekgebruik word aangemoedig). In die derde blokkie word aangedui hoe hierdie konsep met die leerder se lewe verband hou.