Speel bingo saam met VivA

Geplaas deur Nadine Fouché-Karsten Vrydag, 07 Junie 2024
Gepubliseer in Klaskamerhulpmiddels;

Gebruik die aflaaibare hulpmiddel “Bingokaarte” wat uit 40 bingokaarte bestaan. Die doelwit is om ’n reguit lyn deur ’n ry woorde (hetsy vertikaal, horisontaal of diagonaal) te trek. Hierdie speletjie kan gerus in die Grondslagfase en Intermediêre Fase gebruik word. Jonger leerders kan die woorde op hul bingokaarte “klank”, aangesien dit die leesstrategie is wat in vroeë grade gebruik word. Onthou om die instruksieblad af te laai en te bestudeer. 

Lees 786 tye Laaste modifikasie op Vrydag, 07 Junie 2024 13:51