Is jy 'n student wat geïnteresseerd is in Afrikaanse taalkunde?
Goeie nuus: VivA maak vir die 2017-studiejaar 'n aantal beurse vir finalejaar- en honneursstudente wat in Afrikaanse taalkunde wil spesialiseer, beskikbaar.
Die doel van die beurs is om studente aan te moedig om te spesialiseer in teoretiese, historiese, beskrywende en/of toegepaste Afrikaanse taalkunde. Ons hoop om hiermee 'n jong generasie taalkundiges aan te moedig om verder in Afrikaanse taalkunde te studeer.
Daar is heelwat beurse beskikbaar vir meesters- en doktorsgraadstudente, maar vir finalejaar- en honneursstudente is daar minder geleenthede. VivA hoop om hierdie hiatus te vul.
Vir meer inligting oor die beurse en om aansoek te doen, doen die volgende:
- Registreer as VivA-gebruiker.
- Gaan na [Portale > Inligtingsportaal > Taalkundebeurs], of klik hier.
- Meer inligting oor die waarde van die beurs, kriteria, bepalings en voorwaardes, en die aanlyn aansoekvorm is op daardie bladsy beskikbaar.