Stal items per gids uit: boksemdais

Maandag, 05 Junie 2017 10:54

Goed en bloed, van ’n naald tot 'n koevoet

Sondagmiddae, ná kookkos en ʼn middagslapie, gaan hang ek en my twee poedelkinders, Hoekom en Sommer, in die netjiesste stadspark in Pretoria uit. Dis hulle tyd om vrylik met die ander hondekinders – van alle groottes, mate en herkomste – te rinkink; dis mý tyd om die Saterdag-Beeld en Sondag-Rapport te lees.

Onder die hondeouers is daar ook tot ʼn mate ʼn ryke verskeidenheid. Verlede jaar se wenner van die Varsgebekkompetisie, André Oberholzer, dwaal daar rond met sy twee schnautzers. Johrné van Huyssteen, sy pragtige vrou, hulle groot Deense hond en vrolike ghantangbrak (van vergesogte oorsprong) verskaf vermaak.

Vra die Duitse herdershond se ma, Natie Rossouw Kruger, twee vasvravrae: “(1) Waar kom die Engelse uitdrukking the whole nine yards vandaan?”; en “(2) Wat is die Afrikaanse ekwivalent daarvan?”