Hierdie 139e rubriek van my is my laaste Beeldrubriek. Want daar is mos ʼn ou oerwoudgesegde wat lui: “139 is ʼn mooi ronde getal.” En as dit nie rede genoeg is om die pen vir eers neer te lê nie, dan berus ek my graag by Langenhoven: Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.
In die eerste rubriek van 23 Januarie 2016 het ek geskrywe dat hierdie rubriek sal handel oor Afrikaans se taalmakers: ek en jy wat daagliks Afrikaanse e-posse skryf, die leksikograwe en terminograwe, die subredakteurs en vertalers, die skrywers van liedjies en eposse. Oor die woordwisseling van alle Afrikaanstaliges wat talig besig is om die taallig brandend te hou.
Oor ʼn tydperk van byna drie en half jaar (en meer as 650 werksuur later) het ek oor almal van ons se taalgebruik probeer skryf. En ek het – op Beeld se rug, met dankbaarheid – veel geleer. ʼn Paar van die veranderinge in my eie gedagtegoed:
Vir Nederlands as skoolvak in die toekoms het kurrikulumbeplanners verlede week ’n dokument bekendgestel waarin sewe kernuitgangspunte – “7 grote opdrachten” – vir taalonderrig uitgestippel word. In Neerlandistiek, die aanlyn tydskrif vir taal- en letterkundige ondersoek, plaas die Nederlandse professor Marc van Oostendorp dié opdragte een vir een onder die vergrootglas. Met sy toestemming vertaal en deel ek hier wat hy oor elkeen skryf.
Hoe lyk die ideale vir Afrikaans as skoolvak in die toekoms?
Voeg gerus jou gedagtes by.