profile pic

Die Amerikaanse touchdown, die Engelse roos en Welkom se melktert

Vrydag, 15 September 2017 Geplaas deur Sophia Kapp

So 'n dag of wat gelede vra 'n gebruiker op 'n openbare taalforum wat die vertaling vir die Amerikaanse term "touchdown" is. Ek sien die vraag en ek sit en wag ... En sowaar, daar kom die antwoord: 'n drie. Ek wil my oë rol, want hoe kan 'n ding wat in Amerikaanse boelieballet ses punte werd is sommer in 'n Afrikaanse teks 'n drie word? Dis mos nou heiligskennis om so met rugbyterme te ketter. Ou Dok Craven sal mos in sy graf omdraai.

Die gesprek wat daarop volg, is wel interessant, en die besluit is uiteindelik dat die ding sy Amerikaanse naam moet behou, want dit help nie 'n mens probeer die term vertaal nie – dis in 'n sport en kultuur ingebed wat net nie in Afrikaans bekend of vertaalbaar is nie. "Kulturele merkers" noem vertaalkundiges sulke terme – woorde wat nie net betekenis dra nie, maar 'n hele kultuur saam met hulle sleep. En insinuasie en ironie en emotiewe gewig en allerhande ander gure en ongure belasting het waarop 'n mens bedag moet wees voordat jy sommer net 'n vertaalekwivalent wil uitruk.

profile pic

Puberfoendies van die Taal, wys julle staal!

Saterdag, 09 September 2017 Geplaas deur Gerhard van Huyssteen

Daar hang ʼn swanger spellinglug in die skole. Dis daardie tyd van die jaar wat al wat ʼn landswye spellingkompetisie einde se kant toe staan.

Die twee bekendste kompetisies is die Sanlam WOW-spelkompetisie en die ATKV se Spelathon. En nou is daar nóg ʼn geleentheid vir die jong taalfoendies om te wys dat dit ook finansieel lonend kan wees om iets van taal te weet.

Die nuwe seisoen van kykNET se taalspelprogram, Op die Spel, gaan slegs hoërskooldeelnemers hê. In die vorige seisoen het woelwaters gewys het dat hulle al te goed weet waar Dawid die wortels gegrawe het. Toe laat weet kykNET se mandataris: Maak ʼn nuwe reeks met slegs kinders!

profile pic

Die juffrou wil 'n antwoord hê

Donderdag, 07 September 2017 Geplaas deur Sophia Kapp

Trefwoorde: versamelnaamwoord; naamwoord; woordsoorte

profile pic

Breek jy ʼn been op die verhoog in Afrikaans?

Dinsdag, 05 September 2017 Geplaas deur Gerhard van Huyssteen

Vra iemand op Facebook: “Weet iemand van ʼn lekker Afrikaanse ekwivalent vir ‘break a leg’?”

In die teaterwêreld – of dit nou drama, ballet of opera is – is daar wêreldwyd ʼn tradisie dat jy nooit ʼn akteur of sanger goeie wense voor ʼn vertoning mag toewens nie. Dit is ʼn yslike taboe om vir Bobby van Jaarsveld “Sterkte!” te skree, terwyl jy jou onderklere op die verhoog gooi. Moenie dit doen nie.

Die Engelse “break a leg” se herkoms is volledig onbekend, hoewel daar genoeg teorieë is om ʼn hele boek oor te skryf.

profile pic

Wen met Varsgebek!

Donderdag, 31 Augustus 2017 Geplaas deur Sophia Kapp

VivA se Skolekompetisie is hierdie jaar weer aan die gang. Leerders van enige ouderdom kan inskryf en daar is elke maand R5 000 op die spel. Aan die einde van die jaar is daar ook vir 'n graad 11- of 12-leerder wat die weninskrywing ingestuur het 'n studiebeurs van R150 000 op die spel vir naskoolse studie in enige rigting aan enige instansie in die land. Dié beurs en die kontantpryse word met trots geborg deur die Atterbury Trust. Boonop kry die wenskool R10 000 om te bestee soos hulle wil, die skool met die meeste inskrywings kry R5 000 en die onderwysers wat die weninskrywing aangemoedig het, kry R2 500 – 'n heerlike bonus hier kort voor die Desembervakansie!