Rone Wierenga

Rone Wierenga

ʼn Moedertaal is ʼn hartstaal. Dis die taal waarin ons tuisvoel en onsself volkome kan uitleef. Dit is die taal waarin ons dink, kuier, lag en die lekkerste skel. Tog ontwyk die regte woord – en veral sy spelling – ons soms, al klop ons harte Afrikaans. Daarom vier VivA vanjaar op ons tiende verjaarsdag ons moedertaal met die bekendstelling van ons nuwe Woordeboekapp waarin Afrikaans se woordeskat gratis nageslaan kan word sodat jy altyd toegang tot die regte Afrikaanse woord en die regte Afrikaanse spelling in enige konteks kan hê.

Donderdag, 17 Julie 2025 15:32

VivA van toeka tot nou

Hoe verseker jy die voortbestaan van ’n taal in ’n digitale era? Jy sorg dat hy ’n stewige vastrapplek op die internet kry en dan sorg jy dat hy daar floreer.

’n Dekade gelede is hierdie droom vir Afrikaans verwesenlik met die stigting van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA).

“Tien jaar terug het ons nie ’n padkaart gehad nie, maar wat ons wel gehad het, was ’n hardnekkige oortuiging dat ons taal ’n toekoms verdien. En baie waagmoed,” sê Marlie Coetzee, uitvoerende direkteur van VivA.

Die aanvanklike droom was eenvoudig, sê prof. Gerhard van Huyssteen, wie se breinkind VivA is.

VivA – van toeka tot nou

Dit is vir VivA ’n riem onder die hart om ’n nuwe akademiese vennoot te kan welkom heet, naamlik Akademia. Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) is in 2015 gevestig as ’n navorsingsinstituut vir Afrikaans in nasionale en internasionale kontekste. In die afgelope nege jaar het VivA se aanbod uitgebrei om meer as 210 individuele produkte, projekte en dienste aan die breër Afrikaanse gemeenskap te lewer, insluitend digitale platforms en die ontwikkeling van taaltegnologie.

Ten spyte van hierdie groei is VivA se wortels steeds stewig gevestig in breedvoerige en gefundeerde taalkundenavorsing. Dit is juis hierdie stewige vesting wat VivA in staat stel om die regte antwoorde en inligting aan ons gebruikers te kan voorsien. Sedert 2015 word VivA se sukses geanker in die stigtersorganisasies wat die oprigting van VivA moontlik gemaak het en aan VivA die veilige tuiste gebied het om te groei tot die volwaardige en merkwaardige maatskappy wat VivA vandag is.

VivA het in 2023 ’n Bedryfsingenieurswese-student van Stellenbosch Universiteit, Duval Meyer, die geleentheid gebied om ’n internskap by VivA te voltooi as deel van sy finalejaarskripsie. Onder leiding van prof. André van der Merwe, verbonde aan die Bedryfsingenieurswese-departement se tak vir digitale slimstelsels, het Duval ’n onderskeiding behaal vir sy projek wat gefokus het op die uitbreiding van taaltegnologie vir alledaagse gebruik.

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (www.viva-afrikaans.org) het in 2015 ontstaan as ’n enkele navorsingsprojek wat net vyf jaar sou duur. VivA se vier stigtersmaatskappye is die ATKV, die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en die Trust vir Afrikaanse Onderwys. Hierdie stigtersmaatskappye het ingestem om fondse te bewillig om ’n droom te verwesenlik wat kan verseker dat Afrikaans oor twintig, vyftig en selfs ’n honderd jaar van nou af, steeds in sy hoë funksies sal kan fungeer.

VivA se droom is om ’n tegnologiese taalwêreld vir Afrikaans te ontwikkel. Hierdie droom word reeds gedeeltelik verwesenlik met onder meer ’n Taalonderrigportaal waar gebruikers toegang kry tot resente en gefundeerde beskrywings van die grammatika van die standaardvariëteit van Afrikaans. Hierdie grammatikas, naamlik die Algemene Afrikaanse Grammatika (AAG) en Afrikaanse Skoolgrammatika (ASG), word deur kundiges ontwikkel en deurlopend bygewerk. VivA beoog om ’n belangrike nuwe portaal vir die navorsing van die variëteite van Afrikaans, naamlik ’n Variasieportaal, tot die Taalonderrigportaal by te voeg.

In Maart 2023 verskyn daar ʼn meningstuk op ʼn bekende platform waarin kommer uitgespreek word oor die stand van Afrikaans se digitale voetspoor – veral wat Afrikaanse letterkunde betref. Dit was opvallend dat daar nie in hierdie meningstuk melding gemaak is van ʼn enkele bestaande digitiseringsprojek in Afrikaans nie.

Ja, as taalliefhebbers en -foendies wat ons brood en botter in Afrikaans verdien, is ons ook bekommerd oor die verlies aan Afrikaans se literêre erfenis wat soms in biblioteekkelders muf, verpulp word of tot as gereduseer word wanneer biblioteke afbrand. Nietemin besef ons keer op keer dat daar wel daadwerklike pogings tot digitisering in Afrikaans aangewend word en dat sommige instansies, projekte en privaat persone ʼn reuse-invloed op die digitale voetspoor van Afrikaans het, en daarmee saam die bewaring, toeganklikheid en langlewendheid van Afrikaans as toekomstaal.

Bladsy 1 van 2