profile pic

Grammatikaonderrig

Woensdag, 27 Desember 2017 Geplaas deur VivA-redaksie

Nederlands onderzoek naar grammaticaonderwijs: hoe staat dat ervoor?

Hierdie artikel het oorspronklik op 21 Desember 2017 verskyn in Neerlandistiek voor de klas, ’n onderdeel van die aanlyn tydskrif Neerlandistiek vir taal- en letterkundige ondersoek.

 

Een korte positiebepaling en wat eerste resultaten

Deur Jimmy van Rijt 

 

Sinds de zogenoemde ‘communicatieve wending’ in het moedertaalonderwijs vanaf eind jaren 60 van de vorige eeuw zijn grammaticaonderwijs en literatuur – toch zeker in de ideologische zin – wat meer naar de achtergrond van het onderwijs Nederlands verdwenen, ten gunste van algemeen communicatieve vaardigheden. In de praktijk van het schoolvak Nederlands wordt, ondanks de nadruk op communicatieve vaardigheden, echter nog altijd veel aan grammaticaonderwijs gedaan. Sterker nog: niet alleen in Nederland, maar zeker ook in internationaal verband staat grammaticaonderwijs weer tamelijk prominent op de (beleids)agenda (zie bijvoorbeeld Myhill, Jones, Lines & Watson, 2012; Watson & Newman, 2017, p. 2).

Naar grammaticaonderwijs wordt dan ook steeds meer onderzoek gedaan, en dan met name naar de relatie tussen expliciet grammaticaonderwijs en schrijfvaardigheid, met de onderzoeksgroep rondom Debra Myhill (Universiteit van Exeter, Verenigd Koninkrijk) als kartrekker. Lange tijd werd verondersteld dat grammaticaonderwijs geen positieve effecten had op schrijfvaardigheid (zie bijvoorbeeld de veel aangehaalde meta-analyse van Graham & Perin (2007)), maar dergelijke resultaten hebben vrijwel zonder uitzondering betrekking op traditioneel grammaticaonderwijs. Dergelijk grammaticaonderwijs is onderhevig aan forse kritiek: trucjes en ezelsbruggetjes domineren de didactiek, terwijl kritisch of reflectief denken en grammaticaal inzicht niet of nauwelijks aangeboord worden (zie bijvoorbeeld Coppen, 2009). Het hoeft dan ook geen verbazing te wekken dat zulk grammaticaonderwijs de schrijfvaardigheid niet ten goede komt. 

profile pic

Mag jy Kersfees smul aan 'n minnemaal

Saterdag, 23 Desember 2017 Geplaas deur Gerhard van Huyssteen

My ma sê altyd: “Vetsug is nie oorerflik nie, eetgewoontes wel.” En as jy soos ek uit ʼn tradisionele, Afrikaanse familie kom, sal jy weet dat my ma die waarheid praat.

My ouma is oorlede toe ek vyf jaar oud was, en die enigste beeld wat ek nog van haar kan oproep, is hoe sy met haar forse bo-arms in die warm kombuis staan en brood knie, hoe sy geruik het soos vars, warm suurdeegbeskuit uit die ESSE-steenkoolstoof. En ek onthou die stapels en stapels kos wat by elke liewe ete die tafels laat holrug staan het. Met Kersfees was dit oordaad kwadraat: gemmerbier en vars waatlemoen wat in ʼn streepsak in die plaasdam afgekoel is, vier of vyf soorte vleis met dubbel soveel bygeregte, en les bes, die doekpoeding met ʼn versteekte bronspennie.

Ek weet as ek môreaand by my ma se tafel aanskuif, gaan dit weer so ʼn gedoente afgee: Ons eetgewoontes het ons by my ouma geërf. Psigologies dink ek dit het iets te make met die swaarkryjare van die Groot Depressie, toe my ouma-hulle sprinkane en ander eetgoed uit die veld moes kry en skilpad ʼn delikatesse by spesiale geleenthede was. Die Groot Depressie leef as ʼn meem in ons gene, en ons eet oordadig om armoede en swaarkry te besweer.

profile pic

Hier is HAT se woord van 2017

Maandag, 18 Desember 2017 Geplaas deur VivA-redaksie

Die redaksie van die  Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal  het op Maandag 18 Desember dié woordeboek se woord van die jaar bekend gemaak.

 

HAT6 HAT2017

profile pic

Hierdie boeke moet in jou Kerskous land

Saterdag, 16 Desember 2017 Geplaas deur Gerhard van Huyssteen

Dit gebeur nie elke jaar dat ʼn mens in ʼn eindjaarrubriek soos hierdie, Afrikaanse taal(kunde)boeke as Kersinkopievoorstelle kan voorhou nie. Daarvoor is die jaarlikse oes helaas dikwels te skraal …

Maar 2017 was ʼn vet jaar! Ek kan daarom met genoeë ʼn lys van my persoonlike aanraaisels hier aanbied.

profile pic

VivA beloon 2017 se varsgebektes

Vrydag, 15 Desember 2017 Geplaas deur Sophia Kapp

Varsgebek, ons kompetisie waar taalgebruikers hulle onopgetekende taalskatte kon inskryf, het pas ten einde geloop. Die Sêgoedkompetisie het weer hierdie jaar ʼn skatkis vol heerlikhede opgelewer. Die beste van dié inskrywings is in ʼn kortlys geplaas, en VivA-gebruikers kon vir hulle gunstelingsêding stem.

VivA maak dus vandag met trots die skerpste, varsste, pittigste en gewildste sêgoed vir 2017 bekend.