Kry vanoggend ʼn navraag: Hoeveel van die "tradisionele" genderbenamings behoort leerders nog te ken? (Over geset synde: Wat hoort alles in daardie tradisionele lys van "manlik en vroulik" wat ons almal op skool moes memoriseer?) Is dit hoegenaamd nog iets wat in ʼn skoolhandboek hoort, of gryp ons gendergelykheid aan en smyt ons die hele sous by die deur uit?
Ná die sowat dertig jaar wat Nederlands in Suid-Afrikaanse skole afwesig was, het die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV), in samewerking met Protea Boekhuis, pas ’n Afrikaans-Nederlandse lespakket vir skole bekend gestel.

Eenders & Anders
(Voor jy verder lees, dink gou eers vir ʼn oomblik hoe jy vir iemand sal verduidelik wat die woord “spelling” beteken. Dan vooruit!)
Vroeër die week kom klop dr Frikkie Lombard, die eindredakteur van die Buro van die WAT oor wie ek dit verlede week in hierdie rubriek had, by my, Tom McLachlan en prof Ernst Kotzé (beide oudvoorsitters van die Taalkommissie) om raad en advies aan. Die trefwoord spelling moet tans by die WAT behoorlik saamgestel en bewerk word. (Onthou, die WAT-mense werk dat die salpeter op hulle flanke uitslaan om die letter “S” binnekort af te handel.)
Die eerste konsepdefinisie by spelling staan so: “Manier waarop die woorde van taal of ʼn taal deur letters en diakritiese tekens voorgestel word.”
Fraai, tog?
Deel van my werk is om daagliks op VivA se Facebookblad ʼn meem oor een of ander taalinteressantheid te plaas. Ons doen dit vir bewusmaking en bemarking, van VivA, van ons dienste en van Afrikaans. Dit werk lekker – onderwysers het my al laat weet hulle druk die meme en plaas dit op hulle klaskamers se mure, en "gewone" taalgebruikers kom vra of kla of stry daar oor die saak. Dis lekker om te sien hoe betrokke almal is en hoe vurig hulle nog oor Afrikaans kan raak. Maar soms kry die ding ʼn suur noot en moet ʼn mens ingryp om net weer die gemoedere tot bedaring te kry.
Deur Milton Webber, taalpraktisyn en vraagopsteller by Beter Afrikaans
Een van die vrae wat ek baie kry van deelnemers aan Beter Afrikaans, handel oor die term samestellende samestelling, wat vir baie mense na niks anders as ’n vorm van toutologie lyk nie. Nou wat is dan hierdie taalkundige term waarmee die taalghoeroes ons probeer vermaak?
Die AWS definieer ’n samestellende samestelling as ’n “samestelling waarvan die bepalergedeelte bestaan uit ’n woordgroep van ’n byvoeglike naamwoord of telwoord plus ’n selfstandige naamwoord”. Met ander woorde: ’n groep woorde bestaande uit ’n byvoeglike naamwoord plus ’n selfstandige naamwoord en nog ’n selfstandige naamwoord. Die byvoeglike naamwoord moet egter op die eerste selfstandige naamwoord in die woordgroep betrekking hê, anders sou dit los geskryf word. En dit is juis hier waar mense soms kleitrap, want ons het mos op skool geleer byvoeglike naamwoorde word los van selfstandige naamwoorde geskryf. Ja, maar nie in die geval van samestellende samestellings nie.