profile pic

Taalsuiwerheid – kry jou anglisisme aangespreek en jou lingo in lyn

Donderdag, 25 Januarie 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

Daar is kwalik beter klikaas op ʼn taalforum as die woord "anglisisme". ʼn Mens begin nog net met die gesprek, dan is iemand al kwaad. Tien kommentare later, en die baklei is volstoom aan die gang. In die een hoek van die kryt is die behoudendes wat vaandels swaai en jaloers waak oor erfgoed, en in die ander hoek is die libtaliges wat glo die mag lê by die mense, ongeag dié mense se bevoegdheid. Hulle het natuurlik albei ʼn punt beet, dié twee groepe, en ʼn rol in die gesprek te speel. In die taalsuiwerheidsdebat is niemand se stem onbelangrik nie, en niemand se mening die begin en die einde van die gesprek nie. Dis belangrik dat ons met mekaar praat, maar dis net so belangrik dat ons na mekaar moet luister en mekaar moet verstaan.

profile pic

’n Taal is ’n taal as dit vir mense waarde het

Sondag, 21 Januarie 2018 Geplaas deur VivA-redaksie

Vir VivA se Afrikaans-joernaal het prof. Gerhard van Huyssteen onlangs in Potchefstroom met die pas afgetrede prof. Wannie Carstens gesels.

Wannie Carstens, wat in die media en in taalkringe bekend is as een van dié mense wat oor baie jare, terwyl hy werksaam was by die Noordwes-Universiteit, tot die beeld en voortbestaan, die oopmaak en demokratisering van Afrikaans bygedra het. Hy is onder meer bekend vir die prominente rol wat hy gespeel het in die Afrikaanse Taalraad, by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Afrikaanse Taalmuseum, en veral ook as bekende skrywer van boeke. Hiervan is die bekendste sekerlik Norme vir Afrikaans, waarvan die sesde uitgawe vanjaar, in Januarie 2018 verskyn. In hierdie onderhoud word egter oor ’n ander boek gepraat.

 

  WCER  

 Die storie van Afrikaans. Proff. Wannie Carstens en Edith Raidt.

profile pic

Waarom so ʼn haas?

Saterdag, 20 Januarie 2018 Geplaas deur Gerhard van Huyssteen

Voltooi die idioom: Hoe meer haas, hoe … ?

Ek giggel steeds elke keer sesjarig as iemand “hoe meer haas, hoe groter pastei” antwoord. Oud en flou, maar klassiek. En natuurlik werk “hoe meer haas, hoe minder jakkals” ook, maar die pasteigrappie is vir my snaakser.

Waarom is dit snaaks? As gevolg van die meerduidigheid (ambiguity) van die woord “haas”: Dit verwys óf na spoed (die oorspronklike bedoeling van die idioom “hoe meer haas, hoe minder spoed”), of na ʼn knaagdier wat bekend is vir sy spoed, lang ore en groot voortande.

profile pic

Die duiwel se franchise - vers 2 oor anglisismes

Donderdag, 18 Januarie 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

Kry vanoggend ʼn navraag van ʼn (gereelde en baie taalvaardige) VivA-gebruiker: Hoe op aarde het dit gebeur dat die Taalkommissie "franchise" opgeneem het? Die vertaling vir "franchise" is nog al die jare "konsessie". Die Taalkommissie het mos nou ʼn gruwelike anglisisme in die woordelys opgeneem. A nee a!

Ek was dankbaar vir die vraag (regtig, dit was ʼn lekker aanknopingspunt by verlede week se bespreking) en ek gee die antwoord hier wat ek aan die gebruiker gegee het.

profile pic

“Bê,” sê die bok. “Huidjiehu,” sê die sprinkaan.

Saterdag, 13 Januarie 2018 Geplaas deur Jana Luther

Nie alle woorde dra gewoon betekenis oor nie. Van sommige woorde word hulle betekenis ook weerspieël deur hoe hulle klink. In die poësie, waar klankelemente die basis van rym en ritme is, ja, maar nie net in gedigte nie. Ook in die gewone, alledaagse spreektaal is daar tussen klank en betekenis dikwels ’n duidelike verwantskap te bespeur; soms kan ’n mens jou dit maklik verbeel. In die prosodie, stilistiek, literêre kritiek, ook in die taalkunde, word ooreenkomste tussen die betekenis van woorde en uitdrukkings aan die een kant en klankaspekte aan die ander kant, klankuitdrukking genoem, of meer spesifiek: klankekspressie.

Hiervan word veral drie tipes onderskei.