profile pic

Belt en kruisbande

Saterdag, 14 April 2018 Geplaas deur Jana Luther

Hierdie blog is ’n uitgebreide en verrykte weergawe van ’n rubriek wat op Vrydag 13 April in Beeld verskyn het, en wat jy hier kan lees. 

WindhondBelt en kruisbande. Dit is ’n uitdrukking wat my pa graag gebruik het wanneer hy dubbele voorsorg getref het dat iets gebeur of onthou word. Net so is Afrikaans met sy dubbele nie ’n belt-en-kruisbandetaal. Dikwels is twee nie eens genoeg nie, want hoor ’n mens nie soms: “Julle vertel my ook nooit niks nie!”?

Dit kom voor of ons ’n onbewuste, ingebore drang tot nadruklikheid het wat ons nie suinig met woorde maak nie. Ons maak seker ons word begryp. Dubbelseker. 

profile pic

'n Pyn in die oog (!!!!!)

Donderdag, 12 April 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

Gereelde VivA-gebruiker Elridus Grobler vra: Hoe werk beklemtoning in tekste? Mag ʼn mens twee uitroeptekens gebruik? En wat van ʼn vraagteken en ʼn uitroepteken? Of is dit ʼn geval van "te veel van ʼn goeie ding is eintlik te veel"?

profile pic

Net ’n aap “huh” as hy “ ’n”

Vrydag, 06 April 2018 Geplaas deur Jana Luther

Hierdie blog is ’n uitgebreide en verrykte weergawe van ’n rubriek wat op Vrydag 6 April in Beeld verskyn het, en wat jy hier kan lees.

Wanneer is ’n woord ’n woord? ’n Woord word woord as twee of meer mense aan ’n vaste reeks klanke wat hulle met hulle spraakorgane voortbring, dieselfde betekenis heg. “Stoel” is ’n stoel, “tsloe” nie meer nie. Deur klanke in te ryg, hulle in skynbaar eindelose kombinasies te rangskik, het ons oergrootjies soos wafferse Scrabble- en Babanagrams-spelers, tale geskep. Dié gekreun en gesteun kan ’n mens jou vandag nog indink, want vir tussenwerpsels en uitroepe geld steeds dieselfde beginsel: “oesj” is nie “sjoe” nie, en “tsj” is nie “sjt” nie.

 

profile pic

"Met" – huldeblyk aan ʼn afgestorwe voorsetsel

Donderdag, 05 April 2018 Geplaas deur Sophia Kapp

Ek kry gister ʼn versoek van ʼn gebruiker: Skryf tog vir ons iets oor "met". Ek mis tog so vir "met", dit was vir my so ʼn liewe, onmisbare voorsetsel, maar dit lyk my "met" is helaas in Afrikaans oorle.

profile pic

Van huisraad tot kos, waarom nie ook retro-taal nie?

Vrydag, 23 Maart 2018 Geplaas deur Jana Luther

Hierdie blog is ’n uitgebreide en verrykte weergawe van ’n rubriek wat op Vrydag 23 Maart in Beeld verskyn het, en wat jy hier kan lees.

 

Seisoen ná seisoen bly retro-giere en retro-modes in die nuus. Retro – van die Latynse voorvoegsel re-, wat “opnuut”, “van voor af” beteken, en die bywoord retro,agtertoe”, “terugwaarts”. Retro is ook ’n verkorting van die byvoeglike naamwoord retrospektief met die sinoniem terugskouend. Want ons kyk graag terug.

Van die 1970’s al verwys die woord retro na die nabootsing van voorkomste wat in vroeëre eras, in toeka se tyd, gewild was. Blaai ’n mens deur ’n stapel ou tydskrifte kom jy dit gou agter: